Anjé, speler van die dag

Posted in Sport

Anjè Cloete, leerder van die Hoërskool Stella, het onlangs die krieketseisoen afgesluit waar sy vir die Klerksdorp ‘Travellers’-span gespeel het. Op Sondag (3 Maart) het die span hul laaste wedstryd vir die seisoen gespeel en die liga gewen. Anjè het uitstekend gespeel, sy het vyf paaltjies gevat waarvan vier op die penne geboul was. Sy is ook aangewys as speler van die dag. Die spanne het ook uit Protea-spelers bestaan en Anjè was in die bevoorregte posisie om saam met twee van dié spelers mee te ding. Hier is Anjé saam met Tazmin Brits (Protea-speler) en Anneke Bosch (Protea-speler).

Lees meer in ons 13 Maart 2019 weergawe.