Skaaknuus

Posted in Sport

Ethan West, `n Graad agt-leerder aan die Hoërskool Kalahari, het die o/14A-span verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe in Johannesburg en vyfde in die afdeling geëindig.

Lees meer in ons 9 Januarie 2019 weergawe.

Karatekas sluit 2018 af

Posted in Sport

Die karateklub in Vryburg het vanjaar baie goed gevaar by die Suid-Afrikaanse Karate kampioenskappe deur 33 medaljes te wen. Na afloop van die kampioenskappe is vyf karatekas naamlik Marizelle en James van Niekerk, Tudu Moabelo, Tefo Sejake en Gofa Mothusi gekies om aan die ‘Africa Cup’ kampioenskappe deel te neem. Marizelle, James en Tefo het medaljes tydens die geleentheid verower. Op die foto is Arno Olivier, WJ Fourie en Mienke Ferreira wat elk drie trofeë ontvang het.

Lees meer in ons 19 December 2018 weergawe.

Stroke Awareness Tournament

Posted in Sport

During the past weekend, four Northern Cape Bowls players competed at the Belgravia Bowling club in Bedford view, in the fifth annual Stroke Awareness Tournament. The players from Kimberley and Bloemhof played under Sol Plaatje West End Bowls club. Here are (fltr) David Mark Paulse, Driaan van Niekerk, Wihan Smit, and Charles Peter Mathewson.

Read more in our 12 December 2018 edition.

Rolbalklub afsluiting en prysuitdeling

Posted in Sport

Die Vryburg Rolbalklub het op Woensdag (28 November) hul jaarafsluitingsfunksie en prysuitdeling gehou. Die volgende pryswenners is vereer: Fred Sterrenberg (Mans enkelskampioen, Mans pare kampioen, Getrekte pare kampioen 2018), Manda Schoon (Vroue enkelskampioen, Gemengde “trips” kampioen), Janetta Steyn (Vroue pare kampioen, Getrekte pare kampioen), Michelle van Rensburg (Vroue pare kampioen), Michael Pietersen (Gemengde pare kampioen, Junior liga wenner), Coenie Laubscher (Gemengde “trips” kampioen), Sheila Davey (Getrekte pare kampioen 2018), Petro Pietersen (Getrekte pare kampioen 2018) en Marthie Grobler (Getrekte pare kampioen, Junior liga wenner). Janetta Steyn word dan ook aangewys as die Lid van die Jaar, André Steyn as die speler met die Beste Vordering en Manda Schoon met die Presteerder van die Jaar.

Lees meer in ons 5 Desember 2018 weergawe.