Rolbalklub afsluiting en prysuitdeling

Posted in Sport

Die Vryburg Rolbalklub het op Woensdag (28 November) hul jaarafsluitingsfunksie en prysuitdeling gehou. Die volgende pryswenners is vereer: Fred Sterrenberg (Mans enkelskampioen, Mans pare kampioen, Getrekte pare kampioen 2018), Manda Schoon (Vroue enkelskampioen, Gemengde “trips” kampioen), Janetta Steyn (Vroue pare kampioen, Getrekte pare kampioen), Michelle van Rensburg (Vroue pare kampioen), Michael Pietersen (Gemengde pare kampioen, Junior liga wenner), Coenie Laubscher (Gemengde “trips” kampioen), Sheila Davey (Getrekte pare kampioen 2018), Petro Pietersen (Getrekte pare kampioen 2018) en Marthie Grobler (Getrekte pare kampioen, Junior liga wenner). Janetta Steyn word dan ook aangewys as die Lid van die Jaar, André Steyn as die speler met die Beste Vordering en Manda Schoon met die Presteerder van die Jaar.

Lees meer in ons 5 Desember 2018 weergawe.

Rugbyklub vereer oud-klubpresident

Posted in Sport

Die bestuur van die Leeudoringstad Rugbyklub het al die oudspelers van die era wat Mack’s Petroleum se truie met trots gedra het, na `n geselligheid op Saterdag (17 November) genooi. Hier is (agter vlnr) Jaco Carelzen (afrigter), Christie Oldewagen (afrigter), Fanie Reeders, Ertjies van Rooyen, Mack van der Merwe (Mack’s Petroleum), Mornè du Preez (Mack’s Petroleum), Simon Bosch (Mack’s Petroleum), Pieter Nagel (Mack’s Petroleum) ,(middel) William Bezuidenhout (spanbestuurder), Leandra Minnaar, Dirk van der Merwe (Mack’s Petroleum), Maritsa Carelzen, Carien de Klerk en (voor) Boet Carelzen (Voorsitter).

Lees meer in ons 21 November 2018 weergawe.

Tennisproewe deelname

Posted in Sport

Tydens Oktober het verskeie leerders van die Hoërskool Hartswater gaan deelneem aan die Frances Baard tennisproewe in Kimberley. Die volgende leerders is gekies vir die Frances Baard tennisspan wat in Januarie gaan deelneem aan die Noordkaap tennisproewe. Hier is (vlnr) Kobus Engelbrecht (o/15), MJ Geldenhuys (o/16), Jaco Becker (o/19), Joppie Nel (o/16) en Inge Coetzee (o/17).

Lees meer in ons 7 November 2018 weergawe.

Interdorpe-toernooi

Posted in Sport

Die wenners van die Rolbal Interdorpe-toernooi was die Bloemhof Rolbalklub. Hier is (vlnr) Piet Nel (Intervaal Kompetisie sekretaris) Danie Erasmus, Neels De Lange, Fanie Smit, Annetjie McLeod, Johan McLeod, Oriela Smit, Rico McLeod, Ditmar Christ (Intervaal President) en Wihan Smit

Lees meer in ons 31 Oktober 2018 weergawe.