Hoërskool JJ Pienaar hou reünie

Posted in Letters

Die Redakteur,

Daar word ‘n op-en-wakker reünie vir alle leerlinge en onderwysers, wat tussen 1937 en 1993 aan die Hoër Handelskool JJ Pienaar in Potchefstroom verbonde was, beplan.

Die reünie word vir aanstaande jaar, 21 Maart 2020, beplan en beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees.

Ons as organiseerders doen ‘n beroep op almal om die geleentheid by te woon en gesellig saam te kom kuier.

Vir inligting, sluit aan by die JJ Pienaar Hoërskool se Facebook-groep of stuur 'n WhatsApp/sms na 082 625 0330.

Maryna Otto