Trompoppies mag maar

Posted in Schools

Verlede naweek het die trompoppies van Laerskool Brits aan die Noordwes Finale-kampioenskappe vir trompoppies deelgeneem en ses leerlinge verwerf Noordwes-kleure. Agter:  Luané Aylwanrd, Carmen Martins en Tracey van Staden. Voor: Linke Boshoff, Meyline Meyer en Danielle van Staden.

Lees meer in ons 24 Augustus 2018 weergawe.

Sprekers is tops

Posted in Schools

Agt leerders van Die Hoërskool Wagpos het onlangs vir die eerste maal aan die Radikale Redenaars-kompetisie in Hartebeespoort  gaan deelnaam. In dié sterk kompetisie het hulle sewe A’s huis toe gebring. Agter is Jwee Swanepoel en Janco Erasmus. Middel: Hannelie Cloete en Bea Botha. Voor: Carina van Niekerk, Jacqueline Meyer en Fioné Grabie. (Shiney-Lee du Plooy - afwesig).

Lees meer in ons 17 Augustus 2018 weergawe.

Brits gimnaste presteer

Posted in Schools

Tydens die South Africa Gymnastics Federation (SAGF) se jaarlikse toekenningsgeleentheid in Johannesburg, het die gimnaste van Brits Gimnastiek top toekennings ingepalm. Die klub se hoofafrigter, Alta Lategan ontvang die toekenning as Senior Afrigter van die jaar, terwyl die trio, Wilson Mafona, Dominique Mann en Happy Ledwaba vir die sesde agtereenvolgende jaar die toekenning as Senior Gimnaste van die jaar ontvang het. Hier is Wilson Mafona, Domomique Mann, Happy Ledwaba en Alta Lategan.

Lees meer in ons 10 Augustus 2018 weergawe.