Rioolprobleme steeds nie onder beheer

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het gesê hulle is bekommerd oor die huidige toestand  van die rioolstelsel en die infrastruktuur van Upington en die skadelike gevolge wat dit op die gemeenskap van Upington se gesondheid en die omliggende omgewing kan hê.

Hierdie bekommernis is die afgelope week in ‘n  ernstige skrywe aan Elias Ntoba, munisipale bestuurder van die munisipaliteit oorgedra.

“Ons tree op namens ons lede in die plaaslike gemeenskap van Upington, wat aan die burgerregte-organisasie die mandaat uitgereik het om namens hulle die rioolverwante aangeleenthede aan te spreek,” so lui die skrywe wat Werner Strauss, Kalahari distrikskoördineerder van AfriForum aan die munisipale bestuurder van Dawid Kruiper Munisipaliteit gestuur het.

Vir meer lees ons 24 Julie 2020 uitgawe

Plantdiewe vas

Posted in Tuis

GEMSBOK-SPRINGBOK: Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewe-ring in besit van bedreigde plantspesies ter waarde van ongeveer R2 miljoen gevind is, het die SAPD in die provinsie Saterdag gesê.

Lede van die Springbok SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid het in die vroeë oggendure van Saterdagoggend ‘n suksesvolle operasie uitgevoer, wat gelei het tot die inhegtenisneming van vier verdagtes vir die besit van bedreigde spesies, het woordvoerder Brigadier Mohale Ramatseba in ‘n verklaring gesê. To read more, read our 3 July 2020  issue.

Dwelmhuis na vonnis gesloop

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die Carltonstraat dwelmhuis in Upington is gesloop na twee dwelmhandelaars57 jaar gesamentlik in die tronk opgelê is

Die huis in Carltonstraat het bekendheid verwerf as een van die ergste toevlugsoorde vir dwelmverslaafdes en handelaars en is Vrydag gesloop na ‘n uitspraak van die landdroshof in Upington, toe twee van die mense wat die huis gebruik het, vir ‘n gesamentlike 57 jaar trunk toe gestuur is, het die Valke se woordvoerder Nomthandazo Mnisi gesê. To  read more, read our 6 March 2020 issue

Man betrap met jagluiperd en leeu-bene

Posted in Tuis

GEMSBOK-KURUMAN - ‘n 42-jarige Botswana-burger sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof  verskyn in verband met onwettige aktiwiteite waarby beskermde spesies betrokke is .

Luidens ‘n verklaring van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die Valke die verdagte Vrydag in hegtenis geneem ná ‘n “ontwrigtende operasie nadat inligting opgeduik het dat die verdagte voornemens het om ‘n lewendige jagluiperd en leeubene aan ‘n potensiële koper in Suid-Afrika te verkoop”.

To read more, read our  20 December 2019 issue

Hoe om 'n ad aanlyn te plaas

  • Plaas classified ad

    Plaas classified ad
    Kliek op "Plaas Classified Ad"
  • Kies 'n kategorie

    Kies 'n kategorie
    Stap 1: Kies die kategorie waaronder jy die ad wil plaas in die "dropdown menu" - \kliek op "Continue".
  • Tik jou ad

    Tik jou ad
    Stap 2: Tik jou ad in die teks boksie, jy sal sien dat die prys aan die regterkant van die boksie verander volgens die hoeveelheid karakters wat jy in tik. - Jy kan ook die tydperk (hoeveelheid weke wat die ad moet verskyn) kies deur op die pyltjies te kliek. (Die prys wat vertoon word sal ook verander volgens die hoeveelheid weke wat jy kies) -Onthou om die prys van jou produk of diens asook 'n geldige kontak nommer waarop jy gekontak kan word, in te sluit (behalwe as jy kies om nie 'n prys of kontak nommer in te sluit nie) - Kliek op "Continue".
  • Kontak vorm

    Kontak vorm
    Stap 3: Vul al die inligting in wat vereis word op die kontak vorm ('n geldige kontak nommer en e-pos adres word vereis) - Let wel: Kontak nommers moet sonder spasies getik word - Kliek op "Place ad".
  • Shopping cart

    Shopping cart
    'n "Popup menu" met 'n opsomming van jou ad se besonderhede sal verskyn. - Hier kan jy kies om voort te gaan met die betaling van jou ad deur op "Pay now" te kliek, of indien jy nog 'n ad onder dieselfde verwysing wil plaas kan jy op "Place another ad" kliek.
  • Checkout

    Checkout
    Sodra jy die "Pay now" opsie gekies het, sal daar nog 'n "Pop up menu" verskyn met besonderhede rakende die stappe om te volg. Nadat jy weer op "Pay now" kliek, sal jy verwys word na die PayU webblad waar jy stap vir stap instruksies sal ontvang om jou betaling te maak.
  • PayU

    PayU
    Op die PayU webblad, sal jy stap vir stap instruksies ontvang om die betaling te maak.