Oorwerkte DHS dokters teken protes teen personeel te kort aan

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Ontevrede dokters in die Dr Harry Surtie-hospitaal, het Woensdag tydens hul etensuur, betoog om die aandag te vestig op gebrek aan personeel en oortydure wat volgens hulle tot uitbranding lei.

Nagenoeg 50 mediese personeellede wat in die hospitaal werk, het plakkate met die opskrif “Daar is geen entstof vir uitbranding nie” en   “Ons wil dokters hê” rondgeswaai.

‘Dokters werk hullehul voorgeskrewe 40 uur plus ‘n gemiddeld van 100-140 uur oortyd per maand. Dit is nie volhoubaar nie en lei tot uitbranding en frustrasie onder dokters, ”lui hul griefskrif wat tydens die betoging aan die hospitaalbestuur oorhandig is.

Volgens hul brief word die 367 bed hospitaal, wat ‘n 24-uur-ongevalle-, arbeidsafdeling- en teaterkompleks het, beman deur 36 dokters. Volgens hulle is dit onvoldoende om die bevolking in die gebied voldoende te bedien.

“Soos dit nou staan, is die Covid-wyke vol en is geen dokters aangestel om in hierdie sale te werk nie,” lui hul verklaring. Vir meer lees ons  12 Februarie 2021 uitgawe