Gemsbok bekamp ramp

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Soos  letterlik duisende van ons eweknieë uit die Suid-Afrikaanse sakesektor en uitgewersbedryf, word die Gemsbok en sy susterspublikasies in die Noordwes Koerantgroep intens geraak deur die uitdagings van die Covid-19 bedreiging en moes daar in die lig van die nasionale inperking wat Maandagaand deur President Cyril Ramaphosa afgekondig is, ingrypend besin word.

Noordwes Koerante het besef dat omstandighede buite ons beheer dit vir ons      toenemend gekompliseerd en as’t ware onmoontlik sou maak om die hoë standaarde van ons bedryf vir veral die volgende 21 dae te handhaaf.  To read more, read our 27 March 2020  issue.

President sluit die land

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: President Cyril Ramaphosa het Maandag  gemengde gevoelens by Suid-Afrikaners gewek met die aankondiging van ‘n landwye landsluiting om die verspreiding van die nuwe coronavirus (Covid-19) te beveg.

 Ramaphosa het streng beperkings aangekondig, wat elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid sal wees om die kurwe van Covid-19-infeksies hok te slaan. Van Maandag af was daar 402 positiewe Covid-19-gevalle, slegs twee daarvan (‘n paarjie van Hartswater) in die Noord-Kaap. Die President het gesê dat die getal sal aanhou styg. To read more, read our 27 March 2020  issue

Bykans R300 000 se dwelms en vervalste goedere in ZFM gevind

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Misdaadvoorkomingsoperasie wat deur Misdaad Intelligensie gelei is het bevredigende resultate gelewer toe dwelms en vervalste goedere ter waarde van meer as R300 000 in die ZF Mgcawu-gebied onderskep is.

Dit volg nadat die Upington grenspolisie, Upington honde eenheid, asook die Paballelo en Kakamas sigbare polisiëring op verskeie huise in Paballelo en Kakamas  toegeslaan en beslag gelê op dwelms, waaronder dagga, gekristaliseerde methamphetamine (tik), mandrax en vervalste goedere. To read more, read our 27 March 2020  issue.

Nog geen teken van Koronavirus in NK

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Teen die tyd dat die Gemsbok Dinsdag om 12:00 na die drukkers gestuur is, was daar nog geen gevalle van Korona-infeksie in die Noord-Kaap bevestig nie.

Intussen het die staatspresident, Cyril Ramaphosa ‘n nasionale ramptoestand, ingevolge die Wet op Rampbestuur, verklaar. Dit wil sê daar is ‘n reisverbod op hoërisiko-lande vanaf 18 Maart 2020.

SA burgers word afgeraai om nie na hoërisiko-lande te reis nie. Vergaderings van meer as 100 mense is verbode. Groot geleenthede en vieringe word gekanselleer.  To  read more, read our  20 March 2020 issue

MEC gives service delivery ultimatum

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-NORTHERN CAPE: Following a series of complaints from community members and their representatives about service delivery challenges, especially in some primary health care clinics and the ambulance service (emergency medical service), the Northern Cape MEC for Health, Ms. Mase Manopole, has implored management to roll-up their sleeves and be part of accelerating service delivery improvements to our communities. During her maiden Budget Speech last year, MEC Manopole, spelt out the need for bold steps to be taken by senior management that will result in a paradigm shift in management practices. The MEC highlighted that a rigorous process of change management, organisational re-alignment and integration of services will be implemented during the financial year. To  read more, read our  20 March 2020 issue

Hoe om 'n ad aanlyn te plaas

  • Plaas classified ad

    Plaas classified ad
    Kliek op "Plaas Classified Ad"
  • Kies 'n kategorie

    Kies 'n kategorie
    Stap 1: Kies die kategorie waaronder jy die ad wil plaas in die "dropdown menu" - \kliek op "Continue".
  • Tik jou ad

    Tik jou ad
    Stap 2: Tik jou ad in die teks boksie, jy sal sien dat die prys aan die regterkant van die boksie verander volgens die hoeveelheid karakters wat jy in tik. - Jy kan ook die tydperk (hoeveelheid weke wat die ad moet verskyn) kies deur op die pyltjies te kliek. (Die prys wat vertoon word sal ook verander volgens die hoeveelheid weke wat jy kies) -Onthou om die prys van jou produk of diens asook 'n geldige kontak nommer waarop jy gekontak kan word, in te sluit (behalwe as jy kies om nie 'n prys of kontak nommer in te sluit nie) - Kliek op "Continue".
  • Kontak vorm

    Kontak vorm
    Stap 3: Vul al die inligting in wat vereis word op die kontak vorm ('n geldige kontak nommer en e-pos adres word vereis) - Let wel: Kontak nommers moet sonder spasies getik word - Kliek op "Place ad".
  • Shopping cart

    Shopping cart
    'n "Popup menu" met 'n opsomming van jou ad se besonderhede sal verskyn. - Hier kan jy kies om voort te gaan met die betaling van jou ad deur op "Pay now" te kliek, of indien jy nog 'n ad onder dieselfde verwysing wil plaas kan jy op "Place another ad" kliek.
  • Checkout

    Checkout
    Sodra jy die "Pay now" opsie gekies het, sal daar nog 'n "Pop up menu" verskyn met besonderhede rakende die stappe om te volg. Nadat jy weer op "Pay now" kliek, sal jy verwys word na die PayU webblad waar jy stap vir stap instruksies sal ontvang om jou betaling te maak.
  • PayU

    PayU
    Op die PayU webblad, sal jy stap vir stap instruksies ontvang om die betaling te maak.