Tags: Gemsbok, Jongste, Nuus, Tuis,

Dwelmhuis na vonnis gesloop

Written by Marina Scheepers. Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die Carltonstraat dwelmhuis in Upington is gesloop na twee dwelmhandelaars57 jaar gesamentlik in die tronk opgelê is

Die huis in Carltonstraat het bekendheid verwerf as een van die ergste toevlugsoorde vir dwelmverslaafdes en handelaars en is Vrydag gesloop na ‘n uitspraak van die landdroshof in Upington, toe twee van die mense wat die huis gebruik het, vir ‘n gesamentlike 57 jaar trunk toe gestuur is, het die Valke se woordvoerder Nomthandazo Mnisi gesê. To  read more, read our 6 March 2020 issue

Man betrap met jagluiperd en leeu-bene

Written by Marina Scheepers. Posted in Tuis

GEMSBOK-KURUMAN - ‘n 42-jarige Botswana-burger sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof  verskyn in verband met onwettige aktiwiteite waarby beskermde spesies betrokke is .

Luidens ‘n verklaring van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die Valke die verdagte Vrydag in hegtenis geneem ná ‘n “ontwrigtende operasie nadat inligting opgeduik het dat die verdagte voornemens het om ‘n lewendige jagluiperd en leeubene aan ‘n potensiële koper in Suid-Afrika te verkoop”.

To read more, read our  20 December 2019 issue

Man deur plofstof opgeblaas

Written by Elsa Jones. Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaapse munisipaliteite is R74 miljoen armer nadat die nasionale tesourie, asgevolg van hul onvermoë om die Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG) te spandeer, hierdie fondse herverdeel het aan ander provinsies.

Onder die munisipaliteite wat geraak word, is Richtersveld (R21,782 miljoen); Nama Khoi (R170 000); Ubuntu (R13,970 miljoen); Emthanjeni (R6.991 miljoen); Renosterberg (592 000); Siyathemba (R5,948 miljoen);  Kai !Garib (R10 miljoen); Tsantsabane (R7,229 miljoen) en Dawid Kruiper (R43,632 miljoen). To read more, read our 6 Dec 2019 issue.

HMO en LSK se Prysuitdeling in beeld

Written by Elsa Jones. Posted in Tuis

HMO en LSK op Kakamas se presteerders verskyn vandag in die Gemsbok. Die Girla Steenkamp Wisselbeker vir Senior Sportvrou van die jaar is verower deur Ilze Schreuder.  Ilze het vanjaar haar provinsie in Netbal verteenwoordig en het ook deelgeneem aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe asook die ASA-atletiekkampioenskappe. Baie ander leerders het ook pryse ontvang. Sien die fotobeeld op daaropvolgende bladsye. To read more, read our 6 Dec 2019 issue.

 

SDHF wil help met skoolgelde

Written by Marina Scheepers. Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die SDHF is gestig met die doel om fondse in te samel vir die boere en gemeenskap in die Noord-Kaap wat geteister word deur die ergste droogte in ‘n lang tyd. Met die insameling van die fondse, wil die Studente Droogte Hulp Fonds hierdie boere help om hul kinders se skoolfondse en tersiere studies te help betaal.  Intussen het die SDHFF, saam met die Klipwerf Orkes en die Upington Vryburgers, ‘n heerlike dans gehou om fondse hiervoor in te samel. Die Vryburgers en Spur het 450 steaks gebraai. Eddie Roos  het R25 000 ‘n oorhandiging van Lewis gemaak. Klipwerf het ook ‘n  CD-kassie geskenk.   Dit is ‘n versamelaarsitem  met CD’s van Klipwerf vanaf hulle beginjare tot vandag. Dit is werklik iets besonders.   Enige donasies is welkom en kan in die volgende rekening betaal word:

SDHF, STANDARD BANK

REKENING NO: 408 2300 45

VERWYSING: SDHF / NAAM EN VAN

Kontak gerus Annemie Baard 072 110 9848 of Celeste Crafford 076 333 2556

To read more, read our 29 November 2019 issue