LUR by heropening van Namakwa-skole

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-PORT_NOLLOTH: Die LUR vir onderwys, mnr. Zolile Monakali, het Maandag die Namakwa-distrik besoek om die heropening van skole in Port Nolloth te monitor.

Die LUR het die Hoërskool Port Nolloth en die Laerskool Port Nolloth besoek en was tevrede met hul gereedheid om leerders te ontvang.

Hierdie skole het, met die ondersteuning van die Namakwa-distrikskantore, toegesien dat alle stelsels in plek is om leerders te ontvang, terwyl die COVID-19-regulasies en -riglyne nagekom word.To read more, read our 19 Feb 2021  issue.

Skaakmat

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

Altus Bosch het, met die hulp van tegnologie, sommer vroeg die jaar ingeklim en het reeds aan twee kwalifi serende aanlyn skaaktoernooie deelgeneem. Die leerder van die Hoërskool Upington het op 30 Januarie en 6 Februarie deelgeneem aan die Mangaung Metro (Vrystaat) provinsiale kwalifi serende toernooie en baie goed gevaar. Sy skaak is mooi op dreef.  Vir meer lees ons  12 Februarie 2021 uitgawe

Arktiese avontuur vir Upingtonner

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Cobus Burger (18), ‘n 2020-matrikulant van die Hoërskool Duineveld in     Upington, is een van vyf matriekleerlinge uit die klas van 2020 wat verlede week Kaapstad verlaat het op ‘n opvoedkundige avontuur in Antarktika met ‘n pionierdiens saam met Riaan Manser, die ontdekkingsreisiger en ‘n span van die Universiteit Stellenbosch.

Matrics in Antarctica (MIA), is gestig deur Manser en is ‘n kompetisie wat oop is vir elke matriekstudent in Suid-Afrika.  Vyf gelukkige matrieks word gekies  om op ‘n opvoedkundige avontuur van ‘n leeftyd na Antarktika te gaan.   To read more, read our 05 Feb 2021 issue.

 

Hy volg in sy pa se voetspore

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Upington kan met reg trots wees op een van sy kinders, Isaac Maasdorp, oudste seun van dr Isaac en mev Regina Maasdorp. Isaac het so pas gekwalifiseer as ’n tandarts.

 Sy ouers is nie bietjie trots op hom nie, veral ten spyte van inperkings die laaste jaar as gevolg van die pandemie. Met deursettingsvermoë en harde werk kon hy die vrugte pluk. To read more, read our 22 Jan 2021 issue.

 

Dr Deon Scheun tree af

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Na 35 jaar in die onderwys, het dr. Deon Scheun, skoolhoof van die Voorbereidingskool Fanie Malan afgetree. Die skool het vir hom ‘n baie gesellighe afskeid by die Ou Huis gehou. Van links staan Henro en Tallie Burger saam met Elize en Deon Scheun. To read more, read our 25 Des 2020  issue.