Onnies vir harde werk vereer

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord -Kaapse departement van onderwys het verlede week die 2021 Provinsiale Onderwystoekennings  aangebied.

Die toekennings is in 2000 gekonseptualiseer en van stapel gestuur is en vanjaar sy 21ste jaar van implementering gevier.

 Die Noord-Kaapse LUR Zolile Monakali het tydens sy openingsopmerkings die “2019 Aksieplan” bespreek. Ter verwesenliking van skoolopleiding 2030 streef die departement na die voortdurende verbetering van onderwysers, hul vermoëns en vertroue in hul beroep. Dit het ook ten doel om ‘n nuwe groep jong, gemotiveerde en toepaslik opgeleide onderwysers in die onderwysberoep te vestig.

“Op die een of ander manier moes die skoolstelsel aanpas by die huidige voorwaardes vir die aanpassing van onderrigmetodes en uitmuntend werk in hierdie moeilike omstandighede. Opvoeders wat vandag hier is, het sulke kuns bemeester ,” het hy gesê.   Vir   meer skolenuus lees ons 24 September 2021 uitgawe