Namakwa-skole kry elektroniese slimborde

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-POFADDER: Daar is skole in Namakwaland waar krytborde nou plek maak vir elektroniese slimborde.

Met die hulp van e-tegnologie verwelkom skole in die Namakwa-distrik die 21ste eeu se e-leer.

Hierdie stap ondersteun die Departement van Onderwys se strategie om digitale tegnologie in plaaslike hoërskole in te stel.  Dit sal verbeterde vaardighede aan onderwysers bied en die onderwysomgewings verbeter vir verbeterde leer, veral in STEM-vakke, insluitend Wiskunde, Fisika en Wetenskap.  To read more, read our 19 March 2021  issue.

Upington skole kry skenking

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap ondervind tans ‘n dubbele terugslag met nie net moeilike ekonomiese omstandighede as gevolg van’n Covid-19 resessie nie, maar boonop ‘n voortslepende droogte.

Gordonia Motors in Upington in samewerking met die Isuzu ChildLife-stigting het tot die hulp van twee skole in Upington gekom, wie se leerders swaar geraak is deur die finansiële stryd van die omliggende plaasgemeenskappe. Die skenking van R40 000 is gemaak om die leerders by die twee Upington laerskole by te staan, wie se ouers deur ‘n moeilike tyd gaan  To read more, read our 19 March 2021  issue.

ZFM vereer 2020 matrieks

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: “Ons Distrik het eintlik ‘n baie sterk groep makriekulante in 2020 gehad en die kwaliteit van die uitslae getuig daarvan” so het distriksdirekteur van onderwys in die Z.F. Mgcawu Distrik, Gordon March oor die  2020 matriekuitslae wat verlede week beend gemaak is.

Altesaam 2161 kandidate het die eksamen afgelê wat 385 meer was as die vorige jaar.  Die algehele slaagsyfer in die ZF Mgcawu Distrik is 71,3%, wat ‘n daling van 4,3% is in vergelyking met dié van 2019. 

To read more, read our 5 March 2021  issue.

LUR by heropening van Namakwa-skole

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-PORT_NOLLOTH: Die LUR vir onderwys, mnr. Zolile Monakali, het Maandag die Namakwa-distrik besoek om die heropening van skole in Port Nolloth te monitor.

Die LUR het die Hoërskool Port Nolloth en die Laerskool Port Nolloth besoek en was tevrede met hul gereedheid om leerders te ontvang.

Hierdie skole het, met die ondersteuning van die Namakwa-distrikskantore, toegesien dat alle stelsels in plek is om leerders te ontvang, terwyl die COVID-19-regulasies en -riglyne nagekom word.To read more, read our 19 Feb 2021  issue.

Skaakmat

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

Altus Bosch het, met die hulp van tegnologie, sommer vroeg die jaar ingeklim en het reeds aan twee kwalifi serende aanlyn skaaktoernooie deelgeneem. Die leerder van die Hoërskool Upington het op 30 Januarie en 6 Februarie deelgeneem aan die Mangaung Metro (Vrystaat) provinsiale kwalifi serende toernooie en baie goed gevaar. Sy skaak is mooi op dreef.  Vir meer lees ons  12 Februarie 2021 uitgawe