9de Neelsie projek weer sukses

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON Die Neelsie projek is  al vir nege jaar deel van die Velties kultuur en hierdie jaar was, ten spyte van die Covid 19 struikelblokke, weereens ‘n reuse sukses.

Bokse geskenke word gepak vir minderbevoorregte kinders. Hierdie kinders sluit in leerders van die Hoërskool Duineveld, sowel as die omgewing se kinders.

Al was hierdie ‘n uitdagende jaar gewees, het die Velties  en gemeenskap nie geskroom om by te dra en te gee nie.  Vir meer  nuus lees ons  04 Desember  2020 uitgawe

10 000 NK-leerlinge ‘vermis’

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: “Meer as 10 000 leerlinge kan nie deur die Noord-Kaapse departement van onderwys verantwoord word nie en het moontlik ná die uitbreek van Covid-19 die skool verlaat,” so blyk dit uit ‘n voorlegging deur Sandile Beuzana, waarnemende departementshoof vir basiese onderwys in die Noord-Kaap, aan die gekose komitee oor onderwys en tegnologie, sport, kuns en kultuur.

Terwyl die handhawing van die inperking beteken dat skoolonderwys moes herstruktureer word om afstandsonderrig en die uiteindelike infasering van leerlinge te akkommodeer, het baie nie weer teruggekeer nie en is hulle ook nie vir tuisonderrig geregistreer nie.

Beuzana het aan die komitee gesê dat die departement vergader het met skoolhoofde om met die ouers van die 10 290 kinders wat nie terug is skool toe nie, te skakel.

Meer as 3 700 leerlinge van graad R, graad 1 en graad 2 het nie teruggekeer nie, terwyl byna 1 000 leerlinge van graad 11 (400) en 12 (580) uitgeval het.  Vir meer lees ons  06 November  2020 uitgawe.

      

Vaalkoppies Primêr ontvang twee klaskamers

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

Gemsbok-Ntsekeleko (Uping-ton) - Die leerders en personeel van Vaalkoppies Primêre Skool sowat 10 kilometer uit Upington is met vreugde gevul met die skenking van twee ten volle toegeruste klaskamers wat moontlik gemaak is deur Karoshoek Solar Een.

Karoshoek Solar Een wek sonkrag op en verkoop dit aan Eskom en as deel van hulle 1% sosiale verantwoordelik ploeg hulle terug in gemeenskappe wat in ‘n 50 kilometer radius van die opwekkingsplant geleë is.  To read more, read our 30 Oct 2020 issue.

Hy dring deur na finaal van “Op die Tong Af”

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

Albert Venter het behoorlik tong losgemaak tydens die Oppie Tong Af  kompetisie. Vanjaar het Hoërskool Duineveld vir die eerste keer hul leerders ingeskryf vir  die Oppie Tong Af  kompetisie. Daar was 6500 deelnemers van Graad 1-12 wat in verskillende afdelings in Afrikaans en Engels deelgeneem het. Hul het 20 kompetisies gehou, waarvan die wenners van elke kategorie per provinsie, kwalifiseer het om aan  die  Finaal deel te neem.     Vir meer lees ons 23 Oktober  2020 uitgawe