Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON: "Ant Bonnie was in ons generasie en gemeenskap 'n ikoon van liefde, medemenslikheid en deursettingsvermoë", sê Rudolph "Bokkie" Saal in 'n whatsApp-boodskap aan die Pretorius-familie wat hul ma in die vroeë oggendure (03h20) van Saterdag 5 Julie aan die dood afgestaan het. 
Hilda Kathleen Pretorius (gebore Martin) is op die rype ouderdom van 100 jaar en 364 dae oorlede in die Upington mediese sentrum. Die gemeenskap het haar geken as ant Bonnie, die eggenote van wyle Gert Pretorius, 'n oud-onderwyser en bekende kunstenaar. 


Sy is op 6 Julie 1924 op 'n plaas in Boksput in die destydse Botswana Protektoraat gebore, uit 'n gesin van drie, van John en Sophie Martin. Uit haar huwelik is 12 kinders gebore waarvan vyf oorlede is. Ná haar 90ste verjaardag het haar sig verswak en sy het later blind geword. Dit het groot kommer en besorgdheid in haar gesin se lewe meegebring.                              
* Rudolph Saal, 'n goeie vriend wat die Pretorius-familie goed ken het op 'n whatsapp- boodskap die volgende geskryf: "Ant Bonnie was baie lief vir haar God en vir die kerk. Sy was lid van die Sustersvereniging van die plaaslike sendingkerk en 'n toegewyde christen-mens. 
Haar ouers, John Sydney en Sophie Martin, het die laaste dae van hul lewe by haar deurgebring en ek het my baie vergaap aan die maniere van die ou Engelsman. Ek en my broer Pedro en vele ander leerlinge wat na die Hoërskool Carlton-Van Heerden gekom het, het huisvesting by ant Bonnie gekry. 
By haar was daar nooit 'n tekort aan kos of slaapplek nie. Jy was altyd welkom en sy was besorg oor haar loseerders asof hulle haar eie kinders was. Sy was die geduldigste mens en vir my het dit gelyk asof sy nooit moeg geword het van al die werk in haar huis. Sy was altyd besig met huiswerk, maar meestal kosmaak. Wanneer dit pouse by die skool was kon ek en Cyril Surtie ontbyt kom eet. 
Haar dogters het saam met haar in die kombuis gewerskaf en dit was 'n heerlike en vrolike huisgesin met ant Bonnie wat altyd 'n wakende oog oor alles gehou het. 
Oom Gert was 'n knap kunstenaar en het alles in die huis aan haar oorgelaat terwyl hy geskilder het. Ant Bonnie was 'n stil mens en 'n anker vir haar gesin. Baie mense het in haar liefde skuiling gevind somtyds ten behoewe van haar eie kinders se gemak. Sy het vyf kinders, haar man en haar ouers aan die dood afgestaan, maar ek het haar nooit hoor kla nie. Sy het haar kinders goed opgevoed en so groot gemaak dat sy op elkeen van hulle trots kon wees. Dit was vir my nie goed gewees om haar blind te sien, maar te midde daarvan en haar brose bejaardheid, het sy hoopvol en geduldig gebly. Ons gun haar die ewige rus".
Ant Bonnie laat na drie seuns, vier dogters, klein-en agterkleinkinders en ‘n breë familiekring na. 
Sy word volgende Saterdag, 19 Julie uit die VGK ter ruste gelê.Vir navrae kan Nick geskakel word by 073 454 4419.