GEMSBOK-UPINGTON: In 2020, te midde van inperkings, gesigmaskers en ’n onsekere ekonomiese klimaat waar talle besigheidseienaars voor die keuse gestaan het om hul deure vir goed te sluit, het J.D. Goosen ’n dapper besluit geneem – om sy eie onderneming te begin.
Na deeglike marknavorsing het hy tot die besef gekom dat daar in die mark ’n tekort is aan nog ’n elektriese handelaar. Met die ondersteuning van beleggers het hy die besluit geneem om Enson te stig. Die naam “Enson” is betekenisvol: “En” is afkomstig van die laaste twee letters van sy van, Goosen, en “son” is ’n huldeblyk aan sy oorlede pa, wie se bynaam Sonk was.
Soos die bekendstelling van die winkel nader gekom het, het J.D. besef dat sy kennis van elektriese goedere beperk is. Daarom het hy besluit om ook gereedskap in sy winkel aan te bied – ’n veld waarin hy meer vertroud is. Adendorff, ’n bekende verskaffer van gehalte gereedskap teen bekostigbare pryse, het vinnig sy aandag getrek. Alhoewel Adendorff tradisioneel slegs direk aan eindverbruikers verkoop het, het J.D. hul genader. Aanvanklik was hul skepties oor sy planne, maar na uitgebreide onderhandelinge het hulle ingestem om vir hom ’n klein hoeveelheid voorraad te verskaf – betaalbaar binne sewe dae.
Enson het in 2021 sy deure geopen as ’n elektriese- en toerustingwinkel, met net 650 items en 18 fakture in sy eerste maand. Die besigheid het stadig begin, maar Enson se toewyding aan vinnige, betroubare diens het gou begin vrugte afwerp. J.D. se filosofie – om eerder klante se probleme op te los as om net produkte te probeer verkoop – het gelei tot ’n wen-wen verhouding met kliënte, en dit het die grondslag gelê vir Enson se groeiende sukses.
In Junie 2025 het Enson na ’n nuwe perseel verhuis by 15 Toekomsstraat. Vandag spog die winkel met ’n wye verskeidenheid (meer as 5000 items) van elektriese produkte en gereedskap. Adendorff bly hul grootste verskaffer, maar Enson se rakke huisves ook produkte van ander toonaangewende handelsmerke soos ACDC, Total Tools, O-Line en meer. Hul elektriese kabels is van topgehalte, met ’n 10-jaar waarborg.
Enson se kliëntediens bly ’n prioriteit – as ’n produk nie op die rak beskikbaar is nie, word dit binne drie dae bestel en afgelewer. Boonop bied hulle gratis aflewering binne ’n radius van 30 km aan.
Enson is vandag nie net ’n winkel nie – dit is ’n gemeenskapsvennoot, gebou op vertroue, kwaliteit en diens. Elke vakman se droom het werklikheid geword.
Of jy nou ‘n Jan Ambag is en of jy Selfdoen Sarie is - Enson voorsien die regte gereedskap vir enige projek! Skakel vandag nog met hulle verskoopspan by 054 050 4961 of - nog beter - gaan loer in by hulle perseel in Toekomstraat 15, Upington en sien self watter groot verskeidenheid topgehalte produkte en gereedskap hulle jou bied.