GEMSBOK-UPINGTON: In ‘n poging om die honger en snerpende koue vir talle minderbevoorregtes in en om Upington te verlig, het twee jeuggroepe saamgespan om sop uit te deel.
Die “Lowlife Kingzz en Project Dreams”-spanlede het uitgereik na die gemeenskappe van Upington - in ‘n hartverwarmende gebaar van teruggee, het lede warm sop met die minderbevoorregtes gedeel.
Die veldtog het begin by die Paballelo in die Upington-middestad, voordat dit na Rosedale verskuif het, waar sop aan almal, meestal die kwesbares, uitgedeel is.
Die lede het toe voortgegaan om ‘n motorvaardigheidsvertoning en hul onderskeie vaardighede ten toon te stel.
Hierdie ouens het ‘n lang geskiedenis van filantropie, wat ‘n kritieke deel van hul missie is.
Die Lowlife Kingzz- en Project Dreams-lede beplan om op permantente basis ‘n verskil in hierdie gemeenskappe te maak, deur warm sop vir die kinders te gee...
Hulle gaan hulself binnekort na plaaslike besighede wend - vir hulp met hierdie projek.