Nuus: Plaaslik

Rioolprobleme steeds nie onder beheer

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het gesê hulle is bekommerd oor die huidige toestand  van die rioolstelsel en die infrastruktuur van Upington en die skadelike gevolge wat dit op die gemeenskap van Upington se gesondheid en die omliggende omgewing kan hê.

Hierdie bekommernis is die afgelope week in ‘n  ernstige skrywe aan Elias Ntoba, munisipale bestuurder van die munisipaliteit oorgedra.

“Ons tree op namens ons lede in die plaaslike gemeenskap van Upington, wat aan die burgerregte-organisasie die mandaat uitgereik het om namens hulle die rioolverwante aangeleenthede aan te spreek,” so lui die skrywe wat Werner Strauss, Kalahari distrikskoördineerder van AfriForum aan die munisipale bestuurder van Dawid Kruiper Munisipaliteit gestuur het.

Vir meer lees ons 24 Julie 2020 uitgawe

Dwelmhuis na vonnis gesloop

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die Carltonstraat dwelmhuis in Upington is gesloop na twee dwelmhandelaars57 jaar gesamentlik in die tronk opgelê is

Die huis in Carltonstraat het bekendheid verwerf as een van die ergste toevlugsoorde vir dwelmverslaafdes en handelaars en is Vrydag gesloop na ‘n uitspraak van die landdroshof in Upington, toe twee van die mense wat die huis gebruik het, vir ‘n gesamentlike 57 jaar trunk toe gestuur is, het die Valke se woordvoerder Nomthandazo Mnisi gesê. To  read more, read our 6 March 2020 issue

Man betrap met jagluiperd en leeu-bene

Posted in Tuis

GEMSBOK-KURUMAN - ‘n 42-jarige Botswana-burger sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof  verskyn in verband met onwettige aktiwiteite waarby beskermde spesies betrokke is .

Luidens ‘n verklaring van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die Valke die verdagte Vrydag in hegtenis geneem ná ‘n “ontwrigtende operasie nadat inligting opgeduik het dat die verdagte voornemens het om ‘n lewendige jagluiperd en leeubene aan ‘n potensiële koper in Suid-Afrika te verkoop”.

To read more, read our  20 December 2019 issue

SDHF wil help met skoolgelde

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die SDHF is gestig met die doel om fondse in te samel vir die boere en gemeenskap in die Noord-Kaap wat geteister word deur die ergste droogte in ‘n lang tyd. Met die insameling van die fondse, wil die Studente Droogte Hulp Fonds hierdie boere help om hul kinders se skoolfondse en tersiere studies te help betaal.  Intussen het die SDHFF, saam met die Klipwerf Orkes en die Upington Vryburgers, ‘n heerlike dans gehou om fondse hiervoor in te samel. Die Vryburgers en Spur het 450 steaks gebraai. Eddie Roos  het R25 000 ‘n oorhandiging van Lewis gemaak. Klipwerf het ook ‘n  CD-kassie geskenk.   Dit is ‘n versamelaarsitem  met CD’s van Klipwerf vanaf hulle beginjare tot vandag. Dit is werklik iets besonders.   Enige donasies is welkom en kan in die volgende rekening betaal word:

SDHF, STANDARD BANK

REKENING NO: 408 2300 45

VERWYSING: SDHF / NAAM EN VAN

Kontak gerus Annemie Baard 072 110 9848 of Celeste Crafford 076 333 2556

To read more, read our 29 November 2019 issue

Droogte weer nasionale ramp

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Dringende versoeke van boere in droogtegeteisterde gebiede in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap provinsies om droogtehulp het nie op dowe ore geval nie en Agri SA verwelkom die nasionale verklaring van droogteramp wat op 20 Julie 2021 deur dr Tau, hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum, gepubliseer is.

Dele van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap is swaar getref deur gemiddeld 6 tot 9 jaar lange droogtes en behoort verlig te wees deur verskillende staatsintervensies. Verdere hulp is dringend nodig om plaaslike ekonomieë te stabiliseer en die oorblyfsels van kernteelkuddes te bewaar. Boere en gemeenskappe ontvang ook deurlopende hulp van die private sektor, skenkers en gewone mense.

“Dit is ‘n positiewe stap van die regering om die lot van hierdie gebiede wat onder die ernstige rampdroogtoestande ly, te erken deur ‘n rampverklaring uit te reik,” sê Willem Sy-mington, Agri SA-voorsitter van die sentrum vir uitnemende natuurlike hulpbronne. “Ons hoop dat daar voldoende optrede en hulp sal wees om die landbousektor en plaaslike ekonomieë te help om die gevolge van die katastrofale droogte die hoof te bied.” Vir meer lees ons  30 Julie 2021 uitgawe