Nuus: Plaaslik

Skoolinbrekers vinnig vasgetrek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KEIMOES: Die Keimoes SAPD se ondersoek van huisbraak en diefstal nadat  ‘n laerskool onlangs van 2 skootrekenaars en 20 tablette in Keimoes beroof is, het vinnig vrugte afgewerp.

Die polisie het inligting opgevolg en sers Gerhard Gewers en kst Andre Smith het vinnig weer opgetree. To read more, read our 13 March 2020  issue

‘Swaar vonnis aan soldaat stuur ‘n sterk boodskap aan vroue-mishandelaars’

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-DURBAN: LUR Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, verwelkom die lang vonnis wat aan ‘n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANDF) opgelê is wat sy vriendin se suster drie jaar gelede vermoor het.

“Thembinkosi Ngcobo is Vrydag in die hooggeregshof in Durban tot lewenslange tronkstraf gevonnis en ‘n verdere 170 jaar op 12 aanklagte van poging tot moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en die besit van ‘n onwettige outomatiese geweer en ammunisie,” het die departement van maatskaplike ontwikkeling gesê in ‘n verklaring..To read more, read our 6 March 2020 issue

R1,5 milj se dagga by Upington onderskep

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie hier het op ‘n groot daggavonds beslaggelê en twee verdagtes gearresteer na ‘n stop en deursoek operasie buite Upington.

Die lede van die misdaad intellegensie  en misdaad voorkomingseenhede het die blou Toyota Camry ongeveer 30 km buite Upington opgemerk nadat hulle ‘n wenk vanaf die publiek oor moontlike dwelmhandel ontvang en opgevolg het.  To read more, read our 28 Feb 2020  issue.

 

Versekeringsfoefie verdagtes vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POSTMASBURG:  Twee vroue agter bedrieglike versekeringsaansoeke is verlede week deur die Postmasburg-streekhof skuldig bevind.

Margaret Ntombizodwa Mabebe (39) en Evodia Matshidiso Dikgwele (47) was werksaam as konsultante by die versekeringsmaatskappy Mjaria en Associates wat deur Liberty lewensversekering onderskryf word. To read more, read our 28 Feb 2020  issue.

Man wat dogtertjie verkrag kry 18 jaar

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die 56-jarige Stefanus van Vreden is verlede week tot 18 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 11-jarige meisie.

Op 25 Augustus 2018 omstreeks 20:30 het die beskuldigde die slagoffer vanaf die Galeshwe omgewing na Upington geneem waar hy seksuele omgang met haar gehad het. To read more, read our 28 Feb 2020  issue.