Nuus: Plaaslik

Verkragters trio agter tralies na puik ondersoek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die derde van die trio mans, wat  vier persone, geroof, ontvoer en verkrag het, is verlede week in die hooggeregshof op Upington skuldig bevind en baie swaar gestraf.

Gashwall Esau het saam met medeverkragters, Whitecliff Kella en Cornelius Cloete,  na ‘n lang uitgerekte hofsaak eindelik skuldig bevind aan aanklagte roof met verswarende omstandighede, menseroof (ontvoering) en verkragting.  To read more, read our 7 Feb 2020  issue.

Kenhardt dwelmhandel kry knou

Posted in Jongste Nuus

Die Kenhardt SAPD het onlangs  dwelmhandel in die distrik ‘n redelike knou gegee, nadat hulle verskeie suksesse behaal het.

In een van die mees onlangse voorvalle was sers Horton, sers Parage, kst Kopa, kst Isaacs en kst Mabale aan diens by die Kenhardt CSC. ‘n Onbekende persoon het by die CSC opgedaag en aan die lede gewys dat hy vier tik-strooitjies in sy besit gehad het.  To read more, read our 7 Feb 2020  issue.

Ouers wag 5 maande om baba te begrawe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-RIETFONTEIN: Was dit ‘n geval van onbevoegdheid of totale traak-my –nie-agtigheid?

 Johanna Grawie en Claudius Jagers se nagmerrie het op 2 Augustus 2019 begin toe Johanna  by die Rietfontein kliniek geboorte geskenk het en hul onder gewig baba se lykie,  wat as mediese afval verbrand moes word,  na bewering in ‘n vrieskas in die Rietfontein  kliniek vanaf 2 Augustus 2019 tot 21 Januarie 2020 tot sy begrafnis, “gestoor” is.  To read more, read our 31 Jan 2020  issue.

DWS wag op tesorie vir droogtehulp

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die minister vir menslike nedersettings, water en sanitasie, me. Lindiwe Sisulu (LP), het ‘n finansiering van droogtehulp vir R300 miljoen vir die droogtegeteisterde Noord-Kaap aangekondig nadat die provinsie op 10 Januarie 2020 tot ‘n droogte-rampgebied verklaar is.

 To read more, read our 31 Jan 2020  issue.

Skool het toilette, ondanks gerugte

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PABALLELO: Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het berigte ontvang oor die Paballelo Primêre Skool in Upington, wat daarop dui dat 900 leerders die 2020 akademikus sonder enige toilette begin het. Hierdie beweringe is verkeerd, aangesien leerders gedurende die afgelope week toegang tot ablusiegeriewe gehad het. Hoewel nie alle fasiliteite in werkende toestand is nie.    To read more, read our  24 January 2020 issue