Nuus: Plaaslik

Rosedale meisie in hoof se kantoor doodgesteek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-ROSEDALE: Die familie van ‘n 14-jarige dogter, wie verlede week  in die skoolhoof van Rosendal Primêr se kantoor, na bewering deur ‘n medeleerling doodgesteek is, is in rou gedompel. Raneisha “Poena” Athleen van Wyk, ‘n graad 8-leerling, is na bewering net na 07:00 Woensdagoggend, nadat die twee na die skoolhoof se kantoor geroep is, deur ‘n 16-jarige leerling met ‘n mes in die bors gesteek. Na bewering was die twee die vorige mddag in ‘n onderonsie op die skoolterrein betrokke en is albei die volgende dag  na die hoof se kantoor ontbied. Die 16-jarige meisie het Raneisha glo gesteek terwyl hulle op die skoolhoof in sy kantoor gewag het. Die skoolhoof was glo nie ten tyde van die voorval in sy kantoor nie. Van Wyk het in ‘n ambulans op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk.  To read more, read our  29 November 2019 issue

Ou man (73) wat meisie (11) verkrag gaan lank sit

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Die Noord-Kaapse polisiebestuur is opgewonde oor die uitstekende vonnis wat deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG), die departement van justisie, in vennootskap met die Suid-Afrikaanse polisiediens behaal is, nadat ‘n 73-jarige man tronk toe gestuur is vir die verkragting van ‘n 11-jarige meisie, in die Gamokatedi-dorpie naby Kuruman. Tydens die hofverrig-tinge in die Kuruman-streekhof het dit aan die lig gekom dat die ou man die slagoffer een keer probeer verkrag en haar tussen November 2014 en Desember 2014 twee keer verkrag het. Die ou man sou gedurende die nag in die minderjarige se slaapkamer in storm, terwyl die slagoffer aan die slaap was en haar verkrag het.    To read more, read our  29 November 2019 issue

AfriForum dien klagtes oor verkwiste R518 miljoen teen Noord-Kaap Departement van Gesondheid in

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het  strafregtelike klagtes ingedien teen dr Steven Jonkers, hoof van die Noord-Kaapse departement van gesondheid as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Jonkers skuldig is aan oortredings ingevolge Artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (wet 1 van 1999). AfriForum het al nege provinsies tussen 18 en 22 November 2019 besoek, waartydens strafregtelike klagtes teen die hoofde van elke provinsiale departement van gesondheid ingedien is. “Die verkwisting van belastingbetalergeld is ’n nasionale krisis en die verantwoordelike partye moet aanspreeklik gehou word. Dit is waarom ons vandag hierdie klagtes gelê het.  To read the full story, read our 29 November 2019 issue

Man deur plofstof opgeblaas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-LOHATHLA: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het aangedui dat hulle nou meer op veiligheidsbewustheid gaan fokus nadat ‘n siviele man in by ‘n gevegsopleidingsgebied opgeblaas is.

Henry Willemse het verlede Donderdag uitgegaan om sy vee te gaan haal en sy lyk is die volgende dag langs sy gedeeltelik verbrande bakkie gevind. To read more, read our  22 Nov 2019 issue.