Nuus: Plaaslik

Taxi vereniging eis optrede teen rooftaxis

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Bykans ‘n jaar nadat SANTACO (die ZFM streek se taxi raad), onder voorsitterskap van Eben Oranje, met die plaaslike leierskap op Upington oor die ‘rooftaxis’ vergader het, sê hy is daar nog geen poging aangewend vanaf enige van die plaaslike rolspelers om hierdie onwettige bedrywe aan die kaak te stel nie.

Op 20 Februarie 2019 het die wettige taxi bestuurders en eienaars verskeie hoofroetes na die middedorp toegetrek in protes teen die onwettige taxi’s wat in Upington bedryf word.

Eers na die protes kon Oranje en die verteenwoordigers van die plaaslike taxi forums  ‘n vergadering met die  rolspelers van Dawid Kruiper Munisipaliteit, die munisipale verkeer en die SAPD belê.To read more, read our  14 February 2020 issue

Paballelo SAPD is wakker

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die oplettendheid van die Paballelo SAPD het verlede week gesorg dat ‘n gesteelde vragmotor battery gou opgespoor is.

Dit volg nadat ‘n lid van die gemeenskap ‘n saak by die SAPD kom aanmeld van die vragmotorbattery  wat vanuit ‘n vragmotor gesteel is.

Die klaer het aan die SAPD lede die battery in die fynste besonderhede beskryf wat die identifisering daarvan baie sou vergemaklik.To read more, read our  14 February 2020 issue

Verkragters trio agter tralies na puik ondersoek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die derde van die trio mans, wat  vier persone, geroof, ontvoer en verkrag het, is verlede week in die hooggeregshof op Upington skuldig bevind en baie swaar gestraf.

Gashwall Esau het saam met medeverkragters, Whitecliff Kella en Cornelius Cloete,  na ‘n lang uitgerekte hofsaak eindelik skuldig bevind aan aanklagte roof met verswarende omstandighede, menseroof (ontvoering) en verkragting.  To read more, read our 7 Feb 2020  issue.

Kenhardt dwelmhandel kry knou

Posted in Jongste Nuus

Die Kenhardt SAPD het onlangs  dwelmhandel in die distrik ‘n redelike knou gegee, nadat hulle verskeie suksesse behaal het.

In een van die mees onlangse voorvalle was sers Horton, sers Parage, kst Kopa, kst Isaacs en kst Mabale aan diens by die Kenhardt CSC. ‘n Onbekende persoon het by die CSC opgedaag en aan die lede gewys dat hy vier tik-strooitjies in sy besit gehad het.  To read more, read our 7 Feb 2020  issue.

Ouers wag 5 maande om baba te begrawe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-RIETFONTEIN: Was dit ‘n geval van onbevoegdheid of totale traak-my –nie-agtigheid?

 Johanna Grawie en Claudius Jagers se nagmerrie het op 2 Augustus 2019 begin toe Johanna  by die Rietfontein kliniek geboorte geskenk het en hul onder gewig baba se lykie,  wat as mediese afval verbrand moes word,  na bewering in ‘n vrieskas in die Rietfontein  kliniek vanaf 2 Augustus 2019 tot 21 Januarie 2020 tot sy begrafnis, “gestoor” is.  To read more, read our 31 Jan 2020  issue.