Nuus: Plaaslik

Jongman vas wat drie seuns verkrag

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POSTMASBURG: ‘n 18-Jarige verdagte van Postmasburg is  deur die polisie in hegtenis geneem in verband met die verkragting van drie seuns van 8 en 9 jaar oud. Na bewering het die drie kinders op Saterdag 2 November in die straat gespeel, nie ver weg van die vermoede van die verdagte nie, toe hulle na die man se huis geroep is. Die kinders is met ‘n mes gedreig voordat hulle seksueel aangerand is.  Na bewering is die slagoffers oor ‘n tyd-perk verkrag. To read the full story, read our  15 November 2019 issue

Intensiewe soektog na vrou se lyk in begraafplaas gekry is

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON:  ‘n Grootskaalse intensiewe soektog is by die Rosedale  van stapel gestuur na die gru-moord op ‘n 27-jarige vrou. Die lyk van die slagoffer is Donderdag omstreeks 11:00 in die Morning Glory begraafplaas, ontdek deur ‘n verbyganger wat die polisie ontbied  het. Voorlopige ondersoeke toon dat die slagoffer seksueel aangerand en verwurg is. Geen arrestasie is gemaak nie en die polisie is op soek na Niklaas Van Wyk wat die polisie kan help met die ondersoeke.  To read the full story, read our  15 November  2019 issue

Gemeenskap trek vrou se moordenaar vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Die polisie van Mothibistad het ‘n 21-jarige man in hegtenis geneem na die moord op ‘n 59-jarige vrou. Na bewering het die verdagte in die vroeë oggendure van Donderdag, 07 November 2019, die huis van die slagoffer binnegedring en haar doodgeskok. Die voorval het in die dorpie Seoding plaasgevind. Die bure van die slagoffer het geluide  van ‘n struweling uit die huis van die slagoffer gehoor. Die verdagte het van die toneel gevlug terwyl die bure ondersoek instel. To read the full story, read our  15 November 2019 issue

Stof staan toe Bloodhound 700 km/h bereik

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-HAKSKEENPAN:  Die Bloodhound Land Speed Record (LSR) -span, wat onlangs in SA aangekom het om sy hoëspoed-toetsprogram aan die Hakskeenpan te begin, het behoorlik stof opgeskop toe hy probeer het om die landspoed-rekord te breek.

 Na die eerste toetslopie het die vuurpyl- en jet-aangedrewe Bloodhound-motor, met die bestuurder Andy Green aan die stuur, 741.908 km/h geklop, terwyl die span daarop gemik is die bestaande rekord van 1.228 km/h te klop. To read more, read our  8 Nov 2019 issue.