Nuus: Plaaslik

Riool vloei na twee jaar steeds vrylik in kanaal

Posted in Jongste Nuus

UPINGTON: Twee jaar nadat die vryevloei van riool in die kanaal by Lemoendraai deur die Gemsbok ondersoek is en die Dawid Kruiper Munisipaliteit hand en mond beloof het om die probleem te hanteer, blyk dit nie of die daad by die woord gevoeg is nie.
Die Gemsbok het verlede week weer by dieselfde plek moes verby ry, net om te vind dat die pad vol sinkgate met rioolwater in is. Dit stink na menslike afval en die grondstrook tussen die kanaal en die pad is deurdrenk met dieselfde stinkende rioolwater.
Die rioolpyp se water loop bo-oor die pad - direk in die kanaal, wat langs die Oasis Ontwikkelingssentrum en die Assosiasie vir Persone met Gestremdhede (APD) se geboue loop, in.
Die stank is ondraag-lik, maar dit is die gesondheidsrisiko wat die inwoners van Lemoendraai, as gevolg van die rioolwater in die kanaal - waaruit baie mense hul drink en huishoudelike water skep, tans beloop wat kommerwekkend is. To read more, read our  21 February 2020 issue

 

Veeveilings en -skoue kan nou weer gehou word

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: “Die  nasionale  Rooivleisprodusente-organisasie  (RPO)  verwelkom  die  opheffing  van  die verbod op die hou van veilings en skoue met onmiddellike effek soos vanoggend deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling aangekondig.  Die RPO het baie hard saam met die departement en die bedryf gewerk om dit te bewerkstellig,” sê mnr Koos van der Ryst, Voorsitter van die RPO. To read more, read our 21 February 2020 issue

Okiep verkragter gevonnis

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ‘n 23-jarige man van Okiep is onlangs in die Springbok-streekhof tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op 22 Maart 2018 tussen 20:00 en 22:00 het die beskuldigde, Ricardo Magerman (23), die manlike slagoffer (23), onder die voorwendsel dat hulle flieks gaan kyk, na sy huis in Okiep genooi. .To read more, read our  21 February 2020 issue

Taxi vereniging eis optrede teen rooftaxis

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Bykans ‘n jaar nadat SANTACO (die ZFM streek se taxi raad), onder voorsitterskap van Eben Oranje, met die plaaslike leierskap op Upington oor die ‘rooftaxis’ vergader het, sê hy is daar nog geen poging aangewend vanaf enige van die plaaslike rolspelers om hierdie onwettige bedrywe aan die kaak te stel nie.

Op 20 Februarie 2019 het die wettige taxi bestuurders en eienaars verskeie hoofroetes na die middedorp toegetrek in protes teen die onwettige taxi’s wat in Upington bedryf word.

Eers na die protes kon Oranje en die verteenwoordigers van die plaaslike taxi forums  ‘n vergadering met die  rolspelers van Dawid Kruiper Munisipaliteit, die munisipale verkeer en die SAPD belê.To read more, read our  14 February 2020 issue

Paballelo SAPD is wakker

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die oplettendheid van die Paballelo SAPD het verlede week gesorg dat ‘n gesteelde vragmotor battery gou opgespoor is.

Dit volg nadat ‘n lid van die gemeenskap ‘n saak by die SAPD kom aanmeld van die vragmotorbattery  wat vanuit ‘n vragmotor gesteel is.

Die klaer het aan die SAPD lede die battery in die fynste besonderhede beskryf wat die identifisering daarvan baie sou vergemaklik.To read more, read our  14 February 2020 issue