Uppies ruiters na Saddle Seat SA Trails

Posted in Sport

Die SSSA Ruiterkuns proewe vind plaas by Riversdal vanaf 28 Januarie 2020 - 1 Februarie 2020.  Jessi Wessels is verkies in die 3 Gang- en 5 Gang span en Narike Hoft in die 3 Gang span. Jessi is ook verkies as Kaptein van die Noord-Kaap Ruiterkuns span vir 2020. Saam met Narike en Jessi is hul trotse afrigter, Martin Pienaar, van Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein. To read more, read our 17 Jan 2020  issue.

WRWR hier op Upington

Posted in Sport

GEMSBOK-UPINGTON:  ‘n Groep vroue motorfietsryers van Suid-Afrika en Namibië, onder die vaandel van “Women Riders World Relay” (WRWR) het verlede Donderdag op Upington aangekom.

Hierdie groep dames is deel van die WRWR wat deur Suid-Afika gery het om die industrie meer bewus te maak van die groot hoeveeldheid vroue wêreldwyd wat motorfiets ry. To read more, read our 17 Jan 2020  issue.

Hy speel rugby in Dubai

Posted in Sport

Ernst Spyker Carstens, Hoërskool Duine-veld se Wittes skrumskakel van 2019, is gekies om vir die Youth Lions te gaan 7’s rugby speel in die Verenigde Arabiese Emirate. Hierdie toernooi het verlede week  in Dubai plaasgevind. Die spelers is van regoor Suid-Afrika gekies op grond van hul puik vertonings regdeur die jaar en is afgerig deur Frankie Horne, voormalige Blitzbokke kaptein en nasionale held.    To read more, read 20 December 2019 issue

Kaalvoetkind Karoo se trots

Posted in Sport

Die kaalvoet seuntjie uit die Karoo verander toe in die koning van middelafstande in Kimberley. Wat ‘n voorreg was dit om hierdie positiewe, nederige seun gedurende sy hoërskooljare tot ‘n ongelooflike sportman te sien ontwikkel; van ‘n teruggetrokke kind tot ‘n rolmodel  vir soveel jonger leerders en atlete.. To read more, read our 13 Dec 2019 issue.

Uppies speel Indoorhokkie

Posted in Sport

Karla de Beer en Marize Bruwer is uit genooi om aan die PSI (Pro Series Indoor) Indoor Hokkietoernooi in Kaapstad vanaf 9-13 Desember deel te neem. Karla gaan vir Midlands Stallions van Natal speel en Marize speel vir Mambas van Mpumalanga. To read more, read our 6 Dec 2019 issue.