Jongste Nuus

Gesinsgeweld: 4-Jarige seunbrand dood toe ouers baklei

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Die lewe van ‘n 4-jarige seuntjie is Sondagaand na ‘n argument tussen sy ouers tragies beëindig. Die voorval het in Hashvalley Kakamas plaasgevind en daar word beweer dat die kind se vader en moeder vroeër die aand in ‘n argument betrokke geraak het.  Nadat die pa die ma glo met ‘n mes gesteek het, het sy daarin geslaag om met twee van die kinders na haar suster se huis te vlug. To read the full story, read our  16 August 2019 issue

Man kry lewenslank vir verkragting van eks

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN:  Tlotlo Hele (26)is op vier aanklagte van verkragting tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die streekhof in Mothibistad. Op Donderdag, 8 Augustus 2019, is Tlotlo skuldig bevind aan die verkragting van sy eksmeisie in die teenwoordigheid van haar 2-jarige seun. To read the full story, read our  02 August 2019 issue

DKM sê oo behuising

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het na aanleiding van die berig in die Gemsbok koerant van 26 Julie 2019 op bl.3 die volgende reaksie uitgereik:
Die Munisipaliteit wil hiermee duidelik maak dat alle behuisingsaansoeke op die nasionale databasis vasgelê word.
Die behuisingseenheid kan bevestig dat Oom Sammy Blom ‘n be-huisingstoewysing brief ontvang het en dat hy alle relevante dokumente ontvang het. 

Datums sal deurgegee word. To read the full story, read our  09  August 2019 issue

R3 Miljoen se dagga op Calvinia onderskep

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-CALVINIA: Die polisie in Calvinia het ‘n groot dagga deurbraak gemaak nadat ‘n manlike verdagte gearresteer is met dagga ter waarde van meer as R3 miljoen. Die  Calvinia Taakspan, Misdaadvoorkoming, Veediefstal en K9-eenheid was op Vrydag, 26 Julie 2019 omstreeks 11:00 besig met die veiligheidsoperasies en het ‘n voertuigkontrolepunt (VCP) by ‘n plaaslike vulstasie in die Calvinia sakekkern gehou. To read the full story, read our  02 August 2019 issue

Buurtwag trek koperdiewe vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-DOUGLAS: Die waaksaamheid van die Douglasbuurtwag het drie vermeende koperdiewe in hul spore laat stop. Die verdagtes is op 25 Julie 2019, omstreeks middernag, is in ‘n silwer

Toyota Corolla op die R357-pad ongeveer 10 km buite Douglas raakgesien. Die buurtwaglede het die Toyota gestop in ‘n poging om die insittendes te deursoek. To read the full story, read our  02 August 2019 issue

DKM probeer bloed uit klip tap

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Belasting Betalers Vereniging het verlede week hul misnoeë teenoor die plaaslike munisipaliteit se hoë elektristeitspryse in ‘n persverklaring uitgespreek. “Upington is die enigste dorp in die provinsie waar inwoners meer as R2 per eenheid betaal vir elektrisiteit. Hierdie pryse is buitensporig en teen die wet,” het mnr Zolile Prusente van die UBBV geskryf. To read the full story, read our  02 August 2019 issue

R41 300 se tik gevind

Posted in Jongste Nuus

Keimoes SAPD se misdaadvoor-komingslede, ksts Morris, Kotzee, Segede en Xhusani, het operasionele inligting ontvang vanaf misdaadintelligensie en het die woning van ‘n 29-jarige man in die Lennertsville-       nedersetting by Keimoes ondersoek. Die lede het ‘n swart plastieksak met tik ter waarde van R41 300 en ‘n onbekende bedrag kontant gevind.  . To read the full story, read 26 July 2019 issue