Baie dankie

Posted in Letters

Die redakteur,
Graag wil ons aan Riana en Jaques Kroese sowel as Engela Venter en al hulle werkers van Care 2b Kind ons hartlike dank uitspreek. Hierdie mense het gesorg dat ons op 1 Desember ‘n heerlike dag gehad het met eetgoed, tee, koffie en koeldrank. Daarna is ons huis toe met kospakkies wat ons besonder dankbaar voor is. Dit was onbeskryflike kospakkies en dus sê ons almal hier van die Kerkstraat Munisipale Woonstelle wat by Care 2b Kind gerigistreer is, duisend dankies. Mag julle geseënd wees. Ook wens ons julle ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar toe.
Met opregte dank van almal hier by ons woonstelle.

Help asseblief om vir Makyla terug te kry!

Posted in Letters

Die redakteur,
My wit Jack Russell-kruising, Makyla het uit die motor gespring, by die veearts op Buffelspoort op 7 November 2018. Ons harte is in stukke! Help ons asseblief om haar terug te kry! Kontak my asseblief by 082 850 8788 indien u kan help.
Marelu.

Not my world-class city

Posted in Letters

Dear Editor,
I’m addressing this letter to the Rustenburg Local Municipality.
I’ve seen residents of this so-called “World Class City” getting frustrated (yes, me too), I’ve seen residents begging for answers and I have seen residents who have given up the last bit of hope they’ve had. I’ve seen two to three reference numbers issued for the same non-compliance reported, I’ve seen residents of this World Class City who are begging for answers to their questions as to why they don’t have electricity (not load-shedding related). I’ve seen residents of this World Class City who have reported open cables for more than two weeks.

Dankie vir “lig in die donker wêreld”

Posted in Letters

Die redakteur,
Dit is verblydend om te sien dat mense darem nog vir mekaar omgee en die blydskap op kindergesiggies kan waardeer. Ek wil net baie dankie sê aan die verskeie mense wat hul huise so pragtig met liggies versier en darem ‘n bietjie lig in hierdie “donker” wêreld van ons bring oor die Kerstyd. Baie dankie dat u omgee en soveel glimlaggies en vreugde in kinderhartjies oor die Feesseisoen bring. Dit is tog ‘n tyd vir gee en opgewonde en bly wees en daarom bedank ek almal wat moeite doen hierdie Kersfees.
Inwoner van Rustenburg.