Laerskool David Brink fondsinsameling

Written by Liesl. Posted in Schools

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op Saterdag 2 Julie word ‘n fondsinsamelingsdag vir Laerskool David Brink by Greystone Crossing Pick n Pay Sentrum gehou en Rustenburgers word hartlik uitgenooi om hierdie heerlike dag te kom geniet en by te dra.

Die geleentheid word by Rump & Draught om 14:00 gehou en kunstenaars wat sal optree, is Tanya V, Armand, Jenny K, Pierre, Billy-Jean, Divann, Mari Minnaar, Clinton, Elzabi en Ashton Wheeler. Kom geniet hierdie opwindende geleentheid en ondersteun die fondsinsamelingsprojek ten bate van Laerskool David Brink.