• banner
  • IOPSA Banner2
  • IOPSA Banner3
  • IOPSA Banner4
  • IOPSA Banner5

    ‘n Smullekker kaaskoek ... met ‘n besonderse kroon

    Posted in Baking & Desserts

    Wat ‘n jaar – deesdae hoor mens dit van verskeie plekke en mense af. 2017 was beslis ‘n jaar wat baie van ons dalk nie 100% voorbereid was nie. Maar hoe berei jy jou voor vir dinge soos President Zuma se kabinetskommelry, die brandstofprys wat vinnig op pad R15 vir ‘n liter toe is en natuurlik die feit dat jy dalk nie miljoene met hierdie “Bitcoins” gaan maak nie (soos elke ou en sy ouma wat gekoop het toe die prys maar R14 000 was in die begin van die jaar).

    Wel ons kan dalk nie vir jou sê hoe om voor te berei vir 2018 nie maar wat ons wel kan doen is om vir jou te vertel hoe jy 2017 op ‘n hoë noot kan afsluit: met ‘n besonderse koek – soet en lekker!

    Ja hierdie week het Hedgehog’s Nest se Pieter Germishuys, sy assistent Sarel Cilliers en die beeldskone Mev Rustenburg 2017, Chantel Krause, ‘n smullekker kaaskoek met ‘n baie besonderse kroon vir die Rustenburg Herald voorberei (moet my net nie vra hoe om daardie deegpoffertjie-toring se naam uit te spreek nie asseblief).

    Daardie toring is ‘n “Croquembouche” - 'n toring van choux-deegpoffertjies met karamel drade wat om dit gedraai word. Dit is die perfekte resep om jou familie hierdie kersseisoen te beïndruk. So waarvoor wag jy – gaan bak vir jou ‘n laaste koek vir 2017!

    Gebakte kaaskoek  met ‘n witsjokolade croquembouche

    Kaaskoek (Lewer 1 groot kaaskoek)

    Bestanddele:

    Kors:  Soet Broskorsdeeg (Pate Sucré)

    600g Koekmeelblom
    300g Verkoelde botter, in blokkies gesny
    Knippie sout
    100g Versiersuiker
    8 Eiergele

    Vulsel:

    500g Gladde roomkaas
    2/3 Koppie stroosuiker
    4 Eiers
    5ml Vanielje geursel
    15ml Suurlemoensap

    Metode:

    Kors: Voorverhit die oond tot 160°C.  Spuit ‘n losboom kaaskoekpan met kleefwerende kossproei en plaas eenkant.  Sif die koekmeel en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg dan die versiersuiker en eiergele by.  Knie liggies met jou hand vir ongeveer 1 minuut.  Vorm in ‘n bal en plaas dit in ‘n bak.  Bedek met kloufilm (Clingfilm).  Verkoel vir 1 uur voordat jy dit gaan gebruik. Rol die deeg op ‘n oppervlak uit wat liggies met meel bestrooi is.  Voer die kaaskoekpan se bodem en kante uit met die broskorsdeeg.  Prik gate op die deeg met ‘n vurk.   Bak die kors vooraf vir ongeveer 5 minute tot ligbruin.  (Jy kan ook die kors “blind-bak”)

    Vulsel: Klits die roomkaas met ‘n elektriese menger tot glad en romerig.  Voeg die strooisuiker, vanielje geursel en suurlemoensap by.  Klits tot glad. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.  Gooi die mengsel in die kaaskoek pan wat vooraf gebak was en bak vir ongeveer 30 minute of tot net gestol.  Verwyder uit die oond en plaas dit op ‘n afkoelrak.  Laat heeltemaal afkoel.

    Basiese Choux Deeg:

    Bestanddele:

    300 ml (150 g) koekmeel, gesif
    300 ml water
    120 g botter
    4 eiers

    Metode:

    Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat deeglik met bakpapier uit. Bring die water en botter oor hoë hitte tot kookpunt. Haal van die stoof af en voeg onmiddellik al die meel by. Meng tot ’n gladde deeg en laat afkoel. Klits die eiers liggies met ’n vurk en voeg bietjie vir bietjie by die deeg. Meng goed tot ’n gladde, blink deeg vorm. Spuit ’n ring met ’n deursnee van 20 cm met ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit op die bakplaat. Spuit 12 bolletjies met die res van die deeg. Smeer met ’n nat wysvinger oor die deeg vir ’n mooi, gladde profiterool. Sprinkel liggies met water. Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C en sit in die oond. Verlaag die temperatuur tot 180 °C sodra die poffertjies nie meer rys nie (sowat 10 min.). Bak vir nog 20 min. tot goudbruin en bros. Skakel die oond af en laat verder in die oond uitdroog. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.

    A tasty treat for hopeless romantics

    Posted in Baking & Desserts

    Since Rustenburg Herald launched its popular cooking page quite a few years ago, we have seen some excellent examples of fabulous cooking, delicious meals, the tastiest of treats, nutritious veggies and fruit, the ever popular potjie or braai and some really fine dining. With summer approaching in all seriousness and the rainy season around the corner, there is a lot to look forward to. Judging by the current temperatures we might be in for a scourging December holiday once again and if you feel like or need to score a few points with your loved one during this time or you’re planning a romantic getaway, you really have to make a note of this week’s offering by Nicole Kroese of Casa Bella. 
    This week’s “What’s Cooking” is another treat for those with a big hole in their proverbial sweet tooth - it is a real “smallish” treat with a very long name so please don’t be discouraged - it’s relatively easy to make - even if yours doesn’t exactly have the oommpph of Nicole’s - she is after all a professional chef! If the pictures on this page look appetising, you can prepare it this way...

    Layered Dark Chocolate Discs filled with Fudge Flavored Cream Chantilly and Fresh Berries accompanied by a Vanilla Ice Cream Quenelle on a bed of Crushed Biscuits and finished off with a Blue Berry Coulis and White Chocolate Garnish. (We told you didn’t we?). Please also note that this treat is a combination of separate components hence the repeated instruction to “serve”.

    Preparation Time: 30 Minutes
    Cooking Time: 45 Minutes
    Total Time: 1 Hour 15 Minutes

    Dark Chocolate Discs

    Ingredients:
    200 g Dark Chocolate

    Method:

    Melt the Chocolate either in the microwave or on a double boiler. When melted pour the chocolate on a sheet of greaseproof paper and let it set. Take a round cookie cutter (the size you want), and cut the set chocolate into discs. Store in a cool dry place until use.

    Fudge Cream Chantilly & Fresh Berries Fudge Sauce

    Ingredients:
    ½ cup salted butter
    1/3 cup unsweetened cocoa powder
    2/3 cup milk chocolate chips
    2 cups granulated sugar
    1 can evaporated milk
    1 teaspoon vanilla extract

    Method:

    In a medium saucepan combine butter, cocoa powder, chocolate chips, sugar and evaporated milk. 
    Stir to combine over medium-low heat. Increase heat to medium-high and bring to a boil. Immediately reduce heat to low and continue simmering for 7 minutes, stirring constantly. Remove from heat and add vanilla. 
    Pour the mixture into a blender and blend the mixture for 2 whole minutes. Serve immediately or pour into a heat safe container to store. Allow to cool and mix it into the Chantilly cream.

    Chantilly Cream

    Ingredients:
    200 ml fresh cream (whipped)
    100 g castor sugar
    15 ml Vanilla essence

    Method:

    Whip the cream until stiff peak stage, then fold in your castor sugar and Vanilla essence. Then fold in the cold fudge sauce into the Chantilly cream and serve or wait until your other components are ready. 
    Add the fresh berries.

    Crushed Biscuits & Vanilla Ice Cream

    Ingredients:
    3 Tennis Biscuits
    15 ml Vanilla Ice Cream

    Method:

    Place the biscuits in a small plastic bag and crush then serve. Shape the vanilla ice cream with two tablespoons and use.

    Blue Berry Coulis

    Ingredients:
    50 g fresh Blue Berries
    250 ml Water
    50 g Castor Sugar

    Method:

    Place the blue berries, water and castor sugar in a sauce pan. 
    Bring to the boil, then let it simmer for 10 minutes. 
    Then place it in a blender until smooth and use.

    White Chocolate Garnish

    Ingredients:
    200 g White chocolate (melted)

    Method:

    Spread the melted chocolate on a piece of transparent paper and shape it into the shape that you require and let it set, then use.

    Die lekkerste warm-sjokoladedrankie ooit!

    Posted in Baking & Desserts

    Nouja, elke jaar dié tyd is ons vir ons "raak die 'klits' kwyt" rubriek naarstiglik op soek na 'n ietsie warms om die lang, koue aande voor die tv (en/of) die kaggelvuur soveel meer aangenaam te maak voordat ons slaaptyd met 'n bietjie meer warmte in en om die lyf gaan inkruip. Hoewel ons hierdie winter (behalwe nog net so vinnige een keer) nie veel rede gehad het om te kla oor die koue nie, lê Juliemaand grynsend vir ons en wag en as jy iemand is wat hou van 'n lekker sop, Milo, iets soortgelyk spesiaal vir die wintersaande, is hierdie heerlike warm-sjokoladedrankie en 'n eetdingetjie vir die kleingoed (of die soettande) net die antwoord. 

    Dit gaan jou skaars 'n kwartier neem om 'n paar lekker groot bekers van net omtrent almal se gunstelingdrankie voor te berei. Hierdie is 'n spesialiteit wat Rustenburg Herald se jongste Bruid van die Jaar - Charlotte Brits - en manlief Johann. Dit werk so: 

    Warm-sjokoladedrankie

    1/4 koppie kakao
    1/2 koppie suiker
    1/2 teelepel sout
    1/3 koppie water
    4 koppies vars melk
    1 teelepel Vanilla-ekstrak

    Metode:

    Meng al die bestanddele saam in 'n souspan. Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Laat vir ongeveer 1 minuut saggies kook. Voeg nou die melk by en hou op die stoofplaat totdat dit weer lekker warm, gereed vir drink is. Verwyder van stoof, voeg die Vanilla-ekstrak by, roer goed, gooi/skink in lekker groot bekers en bedien. 

    Campfire Cones

    Wat al te lekker is om saam met die sjokoladedrankie te geniet - is Charlotte se "Campfire Cones" - veral as die Sondagaandfliek op tv nog lekker lank is en jy van vroegaand af al 'n holkol op die maag het. Manlief en die kinders sal al te heerlik saam met jou hieraan knibbel... Dit is selfs nog makliker om te maak. Jy maak so: 

    Neem 'n paar suikerkeëls (Sugar Cones - die goeters wat jy met roomys vul as jy gewone roomys maak). Gooi in elke "cone" so 'n goeie halwe handvol mini-malvalekkers (of gesnyde grotes as jy nie die kleintjies het nie) . Sny 'n piesang in 'n paar lekker dun skyfies, plaas dit bo-op die malvalekkers in die "cones" en heel laaste so twee of drie sjokoladelekkers (sommer Rolos) heel bo-op. Bedek die opening sodat die "vulsel" nie uitloop as jy dit warm maak nie, plaas vir 'n paar minute in vooraf-verhitte oond of vir sowat 30 sekondes (elk) in die mikrogolfoond. Haal uit, laat effens afkoel en geniet saam met jou sjokoladedrankie en jy het 'n perfekte wintersaand!

    Kwepers - op twee maniere...

    Posted in Baking & Desserts

    Hier by Rustenburg Herald se "Raak die 'klits' kwyt" het ons 'n sagte plek vir tradisie -
    dit bly darem maar 'n feit dat die lekkerste eet- en drinkgoed uit ons mees verslete en geelverblykte resepteboeke kom.

    Ons het onlangs weer 'n paar van ons lekkerste tradisies opgesoek en soos ons lesers seker opgemerk het, op 'n eenvoudige resep vir die lekkerste amper soos "ingemaakte" kwepers afgekom.
    Dit is juis nou weer kwepertyd en vir 'n lekker kombuiskuier was die feit dat Liesl Broeksma van Rustenburg Herald en haar ma (Henriëtte) van Stilbaai
    oor die Paasnaweek 'n langverwagte reünie gehou het, net die regte geleentheid.

    As jy nou gou spring, sal jy nog voor die seisoeneinde 'n paar sakkies kwekers in die hande kry.
    Koop sommer twee - dan maak jy dit op een of twee (of albei) van die volgende maniere:

    Kook jouself "soet"

    Gestoofde kwepers


    Was die kwekers met skil onder lopende water - halfeer maar moenie ontpit nie. Plaas die snykante na onder in 'n vuurvaste bak, voeg water by totdat kweperhelftes begin dryf, voeg een eetlepel botter/Margarien en een eetlepel Muscuvado-suiker/bruinsuiker by vir elke kweperhelfte.
    Strooi kaneel mildelik oor - bak teen 110°C vir vier uur of meer - sommer oornag - maar onthou om die deksel toe te maak. Bedien warm of koud of joghurt, room, vla of roomys.

    'n Alternatief om die hele jaar kwepers beskikbaar te hê: Was en halfeer jou kwepers net soos hierbo... Plaas in 'n drukkoker en vul met water om kwepers te bedek. Voeg een teelepel suiker by vir elke heel kweper en stoom/drukkook vir 15 tot 20 minute. Plaas op draadrakkie en laat drupdroog...
    Hierna kan jy dit vries, verkieslik een-een en ontvries soos nodig...

    Gesondheid:

    Kwekers is nogal ietwat van 'n "onbekende" vrug onder die jonger generasie maar is verwant aan appels en pere. Kwekers is gesond en help met die voorkoming van kanker.
    Dit is ook goed vir mense wat gewig wil verloor en is bevorderlik vir hoë bloeddruk, cholesterol, inflammasie, die imuunstelsel, allergiese reaksies en stimuleer bloedsirkulasie en die kardiovaskulêre stelsel.
    Daar is letterlik dosyne opgetekende gesondheidsvoordele in kwepers. Jy sal dit egter geniet omdat dit eenvoudig vreklekker is...

    Suurlemoen-meringue...

    Posted in Baking & Desserts

    Ons lesers sal elders in hierdie uitgawe opmerk dat 'n gewilde bymekaarkomplek vir 'n steeds groeiende groepie Rustenburgers - Die Melkstal - pas 'n kraaknuwe baadjie aangetrek het. Rustenburg Herald se kookspan het uiteraard gaan inloer om die Melkstal in sy nuwe gedaante eerstehands te beleef en ja, ons was aangenaam verras. Nadat ons met 'n heerlike suurlemoen meringue vir 'n kort kuiertjie bederf is, het ons besluit dat dit 'n baie goeie idee is om hierdie immergewilde happie in vandeesweek se kookrubriek op te dis.

    Die suurlemoen-meringue het nou eenmaal nie sy gelyke wat spoed en allerlekkerste smaak betref nie - jy kan dit selfs die oggend aanslaan as jy op kort kennisgewing hoor dat iemand vir 'n koppie tee kom inloer en sal nog meer as genoeg tyd vir jou ander dagtakies ook oorhê.
    Die Melkstal is bekend vir sy heerlike gebak (en etes natuurlik) en die suurlemoen-meringue is geen uitsondering nie. By die Melkstal word dié lekker happie soos volg gemaak:

    Kors:

    1 pakkie Tennisbeskuitjies (gekrummel)
    125 ml gesmelte botter

    Bestanddele:

    5 eiers, geskei
    2 blikkies kondensmelk
    250 ml suurlemoensap
    5 ml Vanielje-ekstrak
    125 strooisuiker

    Metode:

    Smeer jou bak goed met gesmelte botter en bedek die onder- en sykante met gekrummelde Tennisbeskuitjies. Klits die eiergele en kondensmelk saam, voeg die suurlemoensap en Vanielje by en klits goed. Klits eierwitte tot sagte "punte" en voeg die strooisuiker bietjie-vir-bietjie by. Klits tot stywe meringue. Gooi die eier- en kondensmelkmengsel bo-oor die kors, bedek met die meringue en bak teen 160°C vir ongeveer 15 minute tot ligbruin en goudkleurig.
    Laat afkoel en bedien.

    Rustenburg Herald sê dankie aan Ida Prinsloo van die Melkstal en haar span vir hierdie heerlike bederfie.
    Kyk gerus na die Melkstal se advertensie hierbinne om alle oor die nuwe verwikkelinge by die Melkstal te hoor.

    search our recipes