• E Car Headlights R3 Mobile 04
  • E Car Headlights R3 Mobile 05
  • E Car Headlights R3 Mobile 06

MW beste in Afrika

Posted in School Sport

MW Pretorius van Koster Skool Gekombineerd het die NASP African Championship gewen en is nou die beste seunsskut vir ‘n Nasionale-span in Afrika en ook die ‘overall’ NASP Afrika-kampioen vir 2019. Hy is ook opgeneem in die NASP African Federation span vir 2019 om Afrika te verteenwoordig. Suid-Afrika se span waarvan hy deel is, het ook goud gewen vir die beste span in Afrika. MW sê : “Ek is baie trots om van Koster Skool Gekombineerd te kom. Almal wou net weet: “Waar is Koster?” MW, almal is supertrots op jou!

Lees meer in ons 10 Mei 2019 weergawe.

Jaco Fourie Mediese Fonds kry hupstoot na fondsinsameling

Posted in School Sport

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - ‘n Grootskaalse fondsinasmelingsprojek is die afgelope naweek by Rustenburg Impala Rugbuklub gehou ten bate van die mediese uitgawes van die voormalige Impala-rugbyspeler Jaco Fourie wat baie ernstige beserings in ‘n motorongeluk opgedoen het. Rustenburgers het in verdienstelike getalle na die klub opgeruk om ‘n goeie saak te ondersteun. 

To read the full story, read our 01 May 2019 issue.

Minke swem nog rekords los

Posted in School Sport

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Met die goue medalje wat Minke Janse van Rensburg (14 jaar oud) verlede week in die 50m Vryslag-item by die 2019 Suid-Afrikaanse Sport Assosiasie vir Intellektueel Gestremde Persone (SASA-II) se Nasionale Ope-swemkampioenskap in Kimberley geswen het, het sy nie alleen haar 27 jarige rolmodel Melisa O’Neil met meer as 2 sekondes geklop nie, maar ook haar bestaande Junior-Downsindroom-wêreldrekord en ope (alle ouderdomme) Afrikarekord verbeter.

Lees meer in ons 5 April 2019 weergawe.