• banner
  • IOPSA Banner2
  • IOPSA Banner3
  • IOPSA Banner4
  • IOPSA Banner5

    Vastrap-krieket vaar goed tydens Super 12

    Posted in School Sport

    Laerskool Vastrap se eerste krieketspan het baie goed gevaar tydens die Super 12-kompetisie.

    Al vier die groepswedstryde word gewen en hulle dring deur na die semi-finale waar hulle teen Laerskool Kenmare te staan kom. Ongelukkig word hierdie wedstryd verloor. Daar word toe uitgespeel vir die derde/vierde plek teen Laerskool Wierdapark en wen die wedstryd met 1 lopie. Laerskool Vastrap eindig derde in die kompetisie uit 20 skole. Baie geluk aan die seuns en die afrigters met die mooi prestasie. Voor van links Richter van Beek, Callie Fryer, Hendre Naude, Nathan Rossouw, Haydon Albrecht en agter van links mnr Gerhard Pieterse, Erich Potgieter, Christivan Coetzer, Dewald Nel, Schalk Engelbrecht, Malcolm Hibbert, Stephan Botha, Logan Rossouw en mnr Herman van Dyk. Afwesig: Jurie Blignaut en Aidan Drummand.

    Lees meer in ons 19 Julie 2019 weergawe.