Lofprysing vir hoop

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die krag van gebed is sterk en daarom het Alida van Niekerk van Limpopo verlede besluit om by Klerksdorp hospitale te gaan bid en sing. Haar pa is vroeër hier in Klerksdorp oorlede en sy is tans hier om haar ma te ondersteun na haar pa se afsterwe.

“Ek het verlede week een oggend opgestaan en gedink ek wil iets vir die siek mense doen. Iets wat hoop bring,” vertel sy.

Sy het die boodskap op sosiale media geplaas en vroegaand op Vrydag 16 Julie het mense in die parkeerterrein van Wilmedpark Private Hospitaal bymekaar gekom. Ds Francois Evert van die NG Declerqville het gebid en daarna het almal How Great Thou Art gesing.

Die video van die geleentheid is reeds 30 000 keer op Klerksdorp Rekord se Facebook-blad gekyk.

UA-34805051-1 UA-34805051-1