Marinda kook borde vol kos

Posted in Record Foodies

Marinda Jonker is ‘n entrepreneur en besit ‘Plates of Food’ in Klerksdorp. Sy is 35 jaar getroud en het twee getroude kinders en vyf kleinkinders wat gereeld by haar inloer. Sy en haar man het gesien daar is die behoefte om gesonde en lekker boerekos wat reeds voorberei is te verskaf aan mense en het deur Facebook ‘n netwerk geskep waarop mense haar kos kan bestel. Sy is iemand wat vir ander altyd die ekstra myl sal stap en is lief vir haar familie.

Wat is die laaste ding wat jy geëet het? Provitas met Maaskaas.

Watter bestanddeel is die meeste in jou kos? Vars kruie & speserye.

Wat is jou gunsteling nagereg? Sjokolade mousse.

Watter dis beeld jou persoonlikheid die beste uit en hoekom? Seekos paella - Dit is interessant, geurig met iets van alles in een dis gemeng.   

Wat kook jy gewoonlik vir ‘n Son-dagmiddagete? Tradisionele boere-kos of ‘n lekker braai saam my familie.

Gordon Ramsay of Jamie Oliver? Gordon Ramsay.

Wat sal jy vir ‘n laaste ete kies? Enige tipe seekos - dit is my dood!

Volg jy altyd resepte of hou jy daarvan om te eksperimenteer? Soms hou ek by resepte, maar oor die algemeen hou ek baie daarvan om met smake en geure te speel. Verskillende kombinasies.

Wat laat jou lag? Kinders se pittige sêgoed.

Noem een ding op jou bucket-list: Om saam my man op ‘n lang oorsese reis te gaan.

* Kry hierdie resep op die webwerf, onder “Bakes & Desserts”.

UA-34805051-1 UA-34805051-1