Schoonspruit, Wollies speel ’n storm los
Posted in Schools
-
Die o/16-rugbyspan saam met hul afrigters, Martin Hougaard en Marthinus Piek.
-
Die eerste hokkiespanne van albei skole na hul wedstryd wys hul spangees.
-
Driaan Becker sak in die skrum tydens die eerstespanwedstryd teen Wollies.
-
Zander Roux doen veldwerk.
-
Vanessa Johnson, kaptein van SHS se eerste meisiespan, is saam met Anca Swart, waarnemende hoof.
-
JP Geldenhuys van Wollies ontvang hul rugbytrofee van Anca Swart.
-
Jayce van Dijk op die krieketveld.
-
Andre Knight (regs)van SHS het sy oog op die bal in die tweedespan se wedstryd teen Hoërskool Wolmaransstad.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wolmaransstad het op SHS se tuisveld teen mekaar te staan gekom in hul tiende Classic Clash. Selfs nie eers die yskoue weer en reën op Vrydag 20 Mei kon die spanne keer om teen mekaar te kompeteer nie. Ten spyte van die ongure weer, was dit steeds “spreiligte, kamera en hope aksie.”