Hard aan die werk

Posted in Editor's note

Die jaar is in volle gang en na lieflike reën is daar sommer heelwat minder besware in die lug.

Ons besef egter ons kan nie die wa voor die perde span nie - daar moet (letterlik en figuurlik) nog baie water in die see loop voor die droogte gebreek is, maar elke bietjie help. Ondersteun die droogte rampfonds, AfriForum se SMS-lyn (sien berigte op p 4) en lewer water af waar daar ‘n behoefte is.

Ons beleef angswekkende tye met verdoemende voorspellings vir die res van die jaar, maar ons moet positief bly en kan nie nou al die knie buig teen wêreldse aanslae nie.

Oudergewoonte spog ons gedurende Januarie met die stad se spog matrieks en sal volgende week voortgaan om die kollig op die top presteerders te plaas. Daar is net nie genoeg plek om almal op een slag in die koerant te plaas nie.

En so begin die nuwe skooljaar ook - sterkte aan ouers, onderwysers en leerlinge. Hou die blink kant bo!


“The distance between insanity and genius is measured only by success.’’ - Bruce Feinstein.