Dankie, ons kat is terug

Posted in Letters

Teresa Beets, via e-pos - Ek kan vandag met ‘n blye hart sê dat ek my Tiger kieter gekry het.

Vandag wil ek eerste ‘n belydenis maak. Ons het vir drie dae tot 21:00 in die koue aand hierdie seuntjie gesoek. Woensdagaand kom JP Fourie van CSS na my toe waar ek hartseer op die sypaadjie staan. Hy sê vir my dat die Here vir hom gesê het ek gaan my katjie terugkry. En net daar doen hy ‘n mooi gebed. Twee ure later kry ek ‘n oproep iemand het my katjie gesien. Ons is terug waar hulle hom gesien het en ‘n wonderwerk gebeur; ons vang die katjie in ‘n kartondoos agter Cat Box sonder ‘n skrapie.

Weereens besef mens jy mag vra vir ‘n verlore dierekind om terug te kom. Dankie Here.

Dan wil ek net die volgende mense ook dankie sê: Nadia van Emmenis jy is ‘n sterretjie. My Man Ampie met jou geduld. Michael en Jenine vir elke aand wat julle daar was. Brian dankie dat jy ook gehelp het.

Die manne van die Brandweer wat Dinsdagoggend en Dinsdagaand so baie gehelp het.

JP Fourie van CSS. Catbox se mense. Jakkie en personeel by Klerksdorp Rekord.

En die twee mensies wat my katjie gesien het, Andrichei en Ruan.

Laastens almal wat saam gebid het.

UA-34805051-1 UA-34805051-1