Weldoener sagte teiken vir jong vrou

Posted in Letters

Anoniem, via e-pos - ‘n Hawelose jong blanke vrou - wat ek in 2018 gehelp het - klop maandeinde aan my deur. Staan om 9:00 met reissak, en kom glo vanaf haar ma se begrafnis op Leeudoringstad. Bly by tante in Elandsheuvel, dog tante kom eers die volgende dag vanaf Rustenburg agv swak reëlings.

Ek is ‘n pensionaris. Sy weet ek het ‘n gastekamer. Dis net vir die een nag. Ek help (soos ek andere help). Terwyl sy slaap, koop ek teen 12:00 by Pick n Pay elektrisiteit (sodat sy kan bad), nuwe badseep, asook twee sakke met kruideniersware. Laat ligte ete voor haar deur, met boodskap op notatjie: “Is oor 2 uur terug”. R200, van pensioengeld getrek, bêre ek bo in my slaapkamerkas, vir polis van Maandag. In kamer langsaan. Dog sluit nie deur(e) nie. Sy is tog ‘n weerlose vrou.

Toe ek die middag na 14:30 terugkom, is die vrou weg. Asook die sakke met kos. Ook ekstra vrugte in vrugtebak in kombuis, en ‘n klein termosfles waarin ek altyd ekstra kookwater stoor, langs die ketel. Badkamerwater is steeds warm, dog groen seep is weg. Asook haarsjampoe, tandepasta, en gesigroom. Badhandoek lê nat op die vloer.

Ek kyk in my kas na bêreplek van geld. Die (ekstra) beursie wat voor op boonste rak lê - is ver agtertoe. Die geld is ook weg... Net swart klerereissak is gelaat. Met skamele vroueklere, en een swart, warm trui. (Waarmee sy die oggend gekom het - en wat netjiese indruk gemaak het by die swart langbroek. Asook haar praatjies dat sy nou voltyds werk by Foschini/Truworths; en saans deeltyds by mans se kuierplek. Toe ek die middag laat navraag oor laasgenoemde doen oorkant Spar - plek wat sy genoem het - weet bestuur nie van haar nie.)

Ek het die saak by die polisie rapporteer: as diefstal. Met bewysstrokie van gekoopte/gesteelde items van honderde rande: op dieselfde dag. Asook vermiste geld. “WO Nepgen will investigate your case,” sê sms vanaf Noordstraat. (Het ook reeds ‘n oproep van ‘n senior dame uit SAPS gehad oor dié vreemde gebeurtenis.)

Volgende middag is (mev) ”A” weer hier. Soek haar kleresak (wat ek as bewys van haar verblyf vir speurders bewaar). Sy ontken heftig dat sy enigiets geneem het. Geen bevredigende verklaring vir afwesigheid. Sê sy het nooit met nuwe seep gebad nie. Tog het ek dié seep (oopgemaak) in seephouer geplaas. En het omhulsel as bewys: “Securex herbal active hygiene soap. Protects against 99.9 % of germs”, as bewysstuk vir speurders uit snippermandjie opgediep. (But no protection against missing soap, and other missing/ stolen items...!)

Na R600 skade weet ek dié vrou is erg versteurd. Het moontlik nie tronkstraf nodig, dog hulp: algehele sielkundige “make over”. Dog die wet moet sy gang gaan. Hoeveel kere het sy nie al met sulke slenters (en krokodiltrane) by ander mans/vroue weggekom nie? Net omdat sy jonk, en “weerlose vrou” is?

Dog: ek was nog nooit honger nie. En dra nie flenterklere - al my klere - in ‘n stukkende reissak nie, nadat ek uit verblyf geskop is. En ek kán weer seep en tandepasta koop. En minder eet. En my dogters, en kleindogters hoef, met die Heer se genade, nog nooit, om te oorleef, te lieg of te gesteel het nie.

UA-34805051-1 UA-34805051-1