Dis hoekom KHS voordeel het

Posted in Letters

Help graag, via e-pos - Die rede hoekom die finaal by KHS gespeel word is: KHS se eerstespan het eerste op die ‘log’ geëindig na die liga.

Die span bo-aan die tabel is die span waar die semi-finaal gespeel word, as daardie span hulle semi-finaal wen, word ook die finaal op hulle tuisveld gespeel, sou hulle die semi-finaal verloor word die finaal gespeel op die velde van die hoogste span op die tabel wat hulle semi-finaal gewen het.

So spanne poog om bo te eindig juis vir tuisveld voordeel! En al die ouderdomsgroepe van al die deelnemende skole speel op die skool se velde wat eerste op die ‘log’ is, so mnr/mev, daar is geen beurte in rugby nie en ook geen ‘conspiracy theory’ hier nie.

Dieselfde metode word in ander toernooie ook gebruik soos bv Superrugby, Pro 14 en ook Curriecup.

En net ‘n regstelling, die semi-finaal was verlede jaar by KHS en die finaal by Volkies in Potchefstroom.

UA-34805051-1 UA-34805051-1