Voorbeeld wat ouers gee

Posted in Letters

Teleurgestelde Klerksdorper, via e-pos - Op 14 Junie by Macdonalds se robot hou ek stil en ‘n “convertible “ motortjie hou langs my stil met ‘n gryskop man en jongman met ‘n beanie op. Op die agtersitplek sit twee witkop kleingoed, ek skat hulle tussen 4 en 6 jaar oud.

Die twee kleintjies het sekere aanmerkings aan die bedelaar geskree wat gewoonlik by daardie robot staan. Oupa en Pa (of wie hulle ookal was) het heerlik gelag oor die aanmerkings wat die twee kinders gemaak het. Nee Menere, nee, is julle nie veronderstel om jul kinders groot te maak deur respek te hê vir ander en ander se gevoelens nie.

Nie een van julle het ooit in daardie man se skoene gestap nie. Julle weet nie wat die omstandighede is, waarom hy daar beland het nie. Julle is veronderstel om jul kinders te leer om nie te oordeel nie. Instede daarvan om te lag oor hul aanmerkings, leer hulle om vir Liewe Jesus te bid om dankie te sê dat dit nie hul pappa of oupa is wat onder sulke omstandighede daar hoef te staan nie. Leer hulle om te bid dat Liewe Jesus ook vir daardie man sal seën.

Julle het dalk nou alles wat julle in die lewe wil hê, maar onthou dit kan alles in ‘n oogwink van jou weggevat word.

You need to teach and lead by example. Dit is gewoonlik sulke kindertjies wat boelies raak op skool, want die ouers stel die voorbeeld en leer hulle dit is okay om vieslik te wees.
Ek het weggery met ‘n gebed dat die Here hulle sal vergewe want hulle weet nie wat hulle doen nie want duidelik het die twee volwasse mans nie die insig en wysheid om die kindertjies reg te help nie.

UA-34805051-1 UA-34805051-1