Ek wil jou trekskroef teruggee

Posted in Letters

Marlese Scholtz, Klerksdorp - Op 17 Augustus het my kind se Ford Fiesta naby Food Lovers Market gebreek.

Ons het toe agtergekom dat die “nuut” gekoopte tweedehandse karretjie nie ‘n trekskroef het nie. Ek het in die geloof begin rondry opsoek na iemand met ‘n soortgelyke voertuig.

Die Vader het voorsien en by MTN Flamwood (reg langs La Bella Donna) het ‘n ouerige dame gestop met ‘n wit Ford Fiesta.

Ek het haar genader in die Gesondheidswinkel en gevra of ons haar trekskroef kan leen. Sy was so dierbaar en het nie twee keer daaroor gedink nie.

Ek het haar naam en nommer gevra sodat ek dieselfde dag nog die trekskroef kon terug gee, maar sy was êrens heen op pad en het my visitekaartjie geneem met die ooreenkoms dat as sy klaar gekuier het sy my sal skakel.

Ag mens, dis meer as ‘n maand later en na vele versoeke op Ons dorp Klerksdorp weet ek nie meer waar om te soek nie.

Ek wil so graag hierdie onderdeel weer in haar hande besorg aangesien sy nou met ‘n probleem gaan sit sou haar ou karretje breek. En, hoofrede, die wêreld is so vrot daar buite. Die laaste ding wat ek wil hê is dat sy dink, ja, net nog oneerlike mense.

Skakel Marlese by 082 505 9660 as sy jou trekstroef het.

UA-34805051-1 UA-34805051-1