Mooie Demi-Lee tree op

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Demi-Lee Moore is tans die land se topverkoper musiekkunstenaar. Sy is die wenner van Die Kontrak op Kyknet en het blitsig sterstatus bereik.

Sy tree op Vrydag 23 Augustus op in die stad op en dis die eerste keer dat sy hier sal optree.

Demi-Lee spog met vyf Ghoema-toekennings. Haar trefferliedjie, Mis.Eet.Slaap.Herhaal, speel gereeld op radiostasies regdeur die land. Sy tree in die Herlewingsentrum in Connielaan, Adamayview op.

Dit is die kerk reg langs die Food Lover’s Market.

Volgens die organiseerder, Le Roux du Toit, sal die vertoning in die kerk plaasvind.

Die kaartjies kos R120 elk en die vertoning sal om 19:00 begin. Volgens die organiseerders is daar nog kaartjies te koop, maar hulle word vinnig opgeraap. Kos en koeldrank sal te koop wees. Meer inligting is beskikbaar van Du Toit by 082 936 8803.

UA-34820896-1