Die dinge van ’n kind

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Tien gelukkige lesers kan “Die dinge van ‘n kind” gratis by Aardklop gaan kyk.

“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”.

Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 1970’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die grensoorlog.

ʼn Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hul lewe.

Marita van der Vyver se bekende coming of age verhaal is verwerk deur Francois Toerien vir die verhoog.

kykNET Gimmies, 24, 26 Sept 13:00, 25, 27 Sept 20:00, 28 Sept 09:30, R145, 90 min, Drama, Geen o/14 (T, S)

UA-34820896-1