Van togas tot denims in 52 jaar

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Twee-en-vyftig jaar vandat die dra van togas vir klasdraf - wat in 1910 ingestel is - in 1925 stilweg uitgesterf het, is die dra van denims klas toe eers in 1977 amptelik deur die bestuur van die Puk goedgekeur, en ook slegs vir mans onder sekere voorwaardes.

Hierdie historiese feit is deel van ʼn honderd-en-vyftig jaar se geskiedenis, stories en graadkry met lekkerkry klaarkry wat jy kan kom deel en beleef by die Puk 150-fees op 30 November by die Snowflake-gebou in Potchefstroom.

Die doel van die fees is om ʼn geleentheid te skep waar stories soos hierdie en ʼn magdom ander uit die studentelewe, die akademie en die bestuur van die Puk met mekaar gedeel kan word. Dit is ʼn fees waar ou studentevriendskappe weer versterk kan word en waar elke sin en storie kan begin met “onthou jy nog?” of “het jy geweet?”

- Die naam PUK is ʼn afkorting vir die naam Potchefstroomse Universiteitskollege.
- Die eerste rugby intervarsitie teen die Transvaalse Universiteitskollege (TUK), nou die Universiteit van Pretoria, het in 1926 plaasgevind.
- JOOL is eers Tweedejaars Vreugde-dag genoem, toe Karnaval en later eers in 1988, JOOL.
- Die bekende skrywer, André P Brink is ʼn oud-Puk.
- Thalia is al in 1946 gestig en het se-dertdien baie bekende akteurs soos Hans Strydom en ander opgelewer.
- In 1969 het twee studente, Leon Wessels en Kal Barnard, gedurende die Julie vakansie met ʼn tandemfiets probeer om van die weskus (Walvisbaai) na die ooskus in Beira (Mosambiek) te ry. Hulle het meer as 2 000 km met 18 kg bagasie tot in Maputo afgelê toe die fiets finaal ingegee het.
- ʼn Hoogtepunt in die Puk-sportgeskiedenis was toe die eerste rugbyspan van die Puk ʼn gekombineerde span van Oxford en Cambridge Universiteite op 6 Augustus 1951 op Olënpark gewen het. J Schwellnus, losskakel en later burgemeester van Potchefstroom, het die wen-drie gedruk.


Vir kaartjies en meer inligting oor die dag se kuierprogram, maak gerus ʼn draai by www.puk150.co.za

UA-34820896-1