Skitter by Liggiefees 2

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Hinterland se Liggiefees 2 vind die week plaas.

Verskeie skole het reeds bevestig dat hulle beslis deel gaan uitmaak van hierdie jaar se Liggiefees. As ‘n bonus tree die wenner van Hinterland Sings, Francois Jacobs, ook hierdie jaar op gedurende die fees asook Almur Marais van The Voice SA.

Nog ‘n byvoeging hierdie jaar is die verskaffers ekspo op Vrydag 22 en Saterdag 23 November met meer as twintig verskaffers wat die ekspo gaan mee maak. Die fees vind tot 22 November tussen 17:00 en 20:00 plaas en dit is gratis en verniet.

Bring ‘n stoel en woon die vertonings deur die verskillende skole, groepe en solo optredes by. Alle optredes is tussen 17:00 - 19:00. Die liggies word elke aand on 19:00 aangeskakel sodra dit donker genoeg is.

Hierdie jaar se Liggiefees beloof om groter en beter as verlede jaar te wees.

Onthou ook dat die boeremark uitstallers elke aand iets te koop en te eet gaan aanbied. Klank en beligting word deur Ice Ice Baby Productions gedoen en CSS gaan die veiligheid verseker.

Optredes:

Dinsdag: Gerhard Bredenkamp, Estelle Fourie, Laerskool Unie
Woensdag: Gerhard Bredenkamp, Laerskool La Hoff, Almur Marais
Donderdag: Hinterland Sings se talent, Brian Moyaki
Vrydag: Curro Klerksdorp (verskeie optredes).

UA-34820896-1