Kuikens pik rommel op

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Met die nuwe skooljaar wat verlede week afgeskop het, is die nuwe gr 8 leerlinge op verskillende maniere by hoërskole verwelkom.

Die nuwe gr 8 leerlinge van Hoërskool Schoonspruit het besluit dat hulle genoeg gehad het van die rommel rondom die skool.

Al die leerlinge, oftewel kuikens soos hulle genoem word, het op Vrydag 17 Januarie ingespring en gou-gou van al die rommel ontslae geraak.

Die Schoonies daag nou alle skole en besighede uit om dit ook te doen.

“As elke skool of besigheid die omgewing rondom hulle skoonmaak dan sal dit klaar ‘n reuse verskil in die stad maak.”

UA-34820896-1