Geliefde onnie sterf by skool

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Skoolkinders en ouers het bosse blomme voor die klas van wyle Ollie Ollewagen geplaas wat die afgelope naweek by die skool inmekaargestort en gesterf het.

‘n Roudiens vir Ollewagen sal op Woensdag 26 Februarie om 14:00 by die NG Kerk Wilkruin gehou word. Hy is vroegoggend oorlede toe hy uit sy motor klim om saam met sportspanne na Vereeniging te reis. Hy het inmekaar gesak en onderwysers het hom te hulp gesnel.

Dit blyk hy het ‘n massiewe hartaanval gehad.

Japie van Rooyen, waarnemende skoolhoof, het sy skok uitgespreek oor die voorval. Ollewagen was vir langer as 40 jaar as onderwyser en sportafrigter verbonde aan die skool en sou vanjaar aftree. Hy was 63 jaar oud.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir Onderwys in die provinsie, het haar medelye met Ollewagen se familie en sy kollegas uitgespreek.

“Dit is hartseer om so ‘n hardwerkende en toegewyde onderwyser te verloor. Hy het verlede jaar 126 onderskeidings in Lewensoriëntering opgelewer,’’ het sy gesê.

UA-34820896-1