Borg ’n kannetjie diesel

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Boere Droogtehulp SA NPC besoek die stad volgende naweek en hulle doen ‘n versoek op inwoners om 5 liter kannetjies diesel te borg.

Volgens die stigter van die organisasie, Chris van Biljon, hou die organi-sasie geen verband met enige ander droogtehulp organisasie nie.

“Boere Droogtehulp SA NPC is die enigste organisasie wat Droogtehulp 100% gratis aan boere verskaf. Van die eerste vrag tot en met die nuutste vrag was en is daar nog geen geld van die boer gevra of verwag nie. Kom ons help hulle om boere op hul plase te hou en honger vee kos te gee,” sê hy.

Besoek hulle op Saterdag 17 Oktober van 08.00-14.00 by die Flamwood Convenience Centre Engen, h/v Austinstraat en Buffelsdoornweg. Skakel 082 961 6620 vir meer inligting.

UA-34820896-1