Boekfees eerste van vele

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die heel eerste Sanctuary Boekfees wat die afgelope naweek in Klerksdorp gehou is, was ‘n reuse sukses.

‘n Twintigstuks skrywers het Klerksdorpers op Saterdag 24 Oktober in hul koppe laat kuier. ‘n Hoogtepunt was die bekendstelling van die gewilde Afrikaanse skrywer Dana Snyman se nuutste boek, Onder een Dak. Hy het al die pad van Jacobsbaai gereis om die fees by te woon en sê hy het lekker met Klerksdorpers gekuier.

Stefaans Coetzee wat die fees georganiseer het, is baie tevrede met die opkoms en beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Coetzee is self ‘n skrywer en het saam met plaaslike skrywers soos Cecilia Steyn, Louise van der Merwe, Christa van Rooyen en Ferdi Swanepoel die stad se naam hoog gehou.

Swanepoel se debuut, Die Seuns van God, is ook by die fees bekendgestel. Die dag het vroeg al afgeskop met ‘n lekker gesprek tussen twee predikante, Rudi Swanepoel en Ivor Swartz. Rudi se Kom Sit Aan is nie ‘n kosboek nie, maar om vreugde uit gewone dinge te put terwyl Ivor oor Die Verlore Seun van die Gaatjie gesels het en sy reis van jeuggevangene na jeugpastoor.

Tussen al die gesprekke deur kon besoekers hul gunsteling skrywers van nader leer ken terwyl hulle onder die bome gekuier het.

UA-34820896-1