Country ster stel nuwe CD bekend

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Daar is goeie nuus vir diegene wat smag na lewendige optredes en musiekkonserte.

Chris Else, ‘n jong Country ster van Pretoria, stel sy nuwe CD op Saterdag 7 November by Lost Treasure bekend.

Volgens die jong sanger wat soos ‘n jong Garth Brooks lyk en klink, is dit sy eerste volwaardige vertoning na die maande lange inperking en het hy besluit om sy nuwe CD, The older I get, bekend te stel.

Dit is sy vyfde CD en soos die naam aandui is hy ook nou “ouer en wyser”.

Hy sing al 8 jaar en sê die CD bevat bekende liedjies wat afgestof is. Hy belowe ‘n uitmuntende country aand met sy vertonings. Sy volgende CD gaan ‘n country gospel album wees. Volgens die jong ster was die inperking baie erg want daar was geen lewendige optredes nie, maar hy het verskeie aanlynvertonings gedoen.

“Ek was so verbaas want met elke vertoning het die kykers vermeerder. Dit het klein begin en tot meer as 2 500 per vertoning gegroei,”vertel hy.

Die vertoning op Stilfontein sal om 19:00 begin.

UA-34820896-1