Groot prys op spel in skrywerskompetisie

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Miskien is dit nou die tyd dat jy pen op papier sit... veral as daar ‘n boeiende jeugroman is wat wag om geskryf te word.

LAPA het pas hul tweejaarlikse jeugromankompetisie vir 2021 bekendgestel. Hierdie kompetisie lewer elke twee jaar uitstekende verhale op.

Vorige pryswenners sluit in: Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë en Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet) en Jan Vermeulen (Baster, Oopmond en Asem). Die kompetisie het ook al debuutskrywers, soos Zelda Bezuidenhout, opgelewer.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000!

Die pryswenner kry R25 000 en twee naaswenners kry elk R12 500. Die manuskripte op die kortlys staan ook ’n kans om gepubliseer te word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om die storie wat jy graag sal wil lees, te skryf. Die reëls en beoordelingsproses is vir vanjaar se kompetisie aangepas. Skrywers word aangemoedig om die aangepaste proses goed te be-studeer.

Inskrywings sluit 31 Oktober 2021. Besoek www.lapa.co.za vir inligting.

UA-34820896-1