Skole se sukses hang af van beheerlliggaam

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Nuwe skoolbeheerliggame word in Maart vanjaar verkies. Volgens FEDSAS - (Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) is vanjaar se verkiesing belangriker as ooit.

Skoolbeheerliggaamlede word elke drie jaar verkies en die Minister van Basiese Onderwys het bepaal dat die verkiesingstydperk van 1-31 Maart 2021 strek.

ʼn Openbare skool behoort nie aan die staat nie; dit is die skoolgemeenskap wat self eienaarskap van die skool moet aanvaar.
Die skoolbeheerliggaam beheer dan hierdie eiendom namens die skoolgemeenskap.

Die skoolgemeenskap kan dus nie net terugsit en van onderwysdepartemente verwag om die leiding te neem nie.

Hoe meer rolspelers uit die gemeenskap by die skool betrokke is, hoe groter die kans op sukses vir daardie skool.

FEDSAS het ʼn SBL-inligting- en toerustingpakket saamgestel met die nodige dokumentasie om seker te maak dat die verkiesing geloofwaardig en professioneel aangebied word.

Na afloop van die SBL-verkiesing sal FEDSAS weer ʼn uitgebreide opleidingsprogram aanbied.

Die volledige program word oor ʼn tydperk van ʼn paar maande aangebied en bestaan uit verskeie opleidingsessies, webinare, e-leerprogramme en ander inhoud.

Die opleiding van nuwe beheerliggaamlede fokus op beste praktyke en regsinterpretasies, asook inligting oor spesifieke onderwyskwessies en onderwerpe.

Volg FEDSAS op sosiale media om op hoogte te bly van die jongste nuus oor die Nasionale Skoolbeheerliggaamverkiesings.

“Ons bespreek alles wat u moet weet - van hoe u te werk kan gaan om te stem, waarom dit belangrik is om te stem of jouself verkiesbaar te stel en nog baie meer.’’

Vir enige verdere inligting, skakel Marietjie Fouché (083 308 4026) of Riana Vos (081 011 4988).

UA-34820896-1